Volksblad WEBWERWE/DIENSTE >

Vandale van JZ-skildery in die hof

2012-05-23 10:35
Johannesburg. - Barend la Grange, wat gister rooi kruise oor die gewraakte skildery van pres. Jacob Zuma geverf het, en Lowie Mabokela verskyn vandag in die landdroshof in Johannesburg nadat hulle gister ’n skildery deur die kunstenaar Brett Murray in die Goodman-galery in Rosebank met verf getakel en gevandaliseer het.

Hulle word van opsetlike saakbeskadiging aangekla.

’n Derde man, George Moyo, is later in hegtenis geneem toe hy met ’n spuitkannetjie ’n muur buite die galery beverf het.

Hy het na verneem word die woord respect op die muur probeer spuit.

Sapa berig Moyo is Woensdag borgtog van R1 000 in die Hillbrow-landdroshof toegestaan en moet weer op 14 Junie in die hof verskyn. Hy is ook van opsetlike saakbeskadiging aangekla.


Beeld
«Terug