Share

Viagra help teen skaars bloedvatsiekte

KAAPSTAD. – ’n Handvol mense wat aan ’n uiters skaars bloedvatsiekte ly, gebruik Viagra om aan die lewe te bly.

Daar kon nog net sowat 30 Suid-Afrikaners opgespoor word wat aan dié skaars siekte, pulmonêre arteriële hipertensie, ly.

Die siekte veroorsaak dat te min bloed deur die longe vloei weens bloedvate wat erg vernou het. Dit veroorsaak hoë bloeddruk in die longe.

Daar is dus te min suurstof in die bloed, verduidelik dr. Michiel Prins, ’n kenner van dié siekte verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat se departement van interne geneeskunde.

’n Aktiewe middel in Viagra, genaamd sildenafil, maak die bloedvate oop.

“Dit is ’n baie skaars bloedvatsiekte.

“In Frankryk is ’n studie gedoen wat toon net 15 uit ’n miljoen mense het dit,” het Prins by navraag gesê.

’n Longoorplanting is in sekere gevalle die enigste redding vir baie siek lyers.

Mnr. Denneys Niemandt (52) van Kaapstad is die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Pulmonêre Hipertensie-vereniging.

“Ek is so kortasem dat ek suurstof moet gebruik as ek die bal tien keer vir die hond gegooi het. Saans moet ek met suurstof slaap, maar van ons lede moet die hele tyd suurstof gebruik,” het hy gister gesê.

Hy is drie jaar gelede, ná baie toetse, met die siekte gediagnoseer.

“Die siekte is só skaars dat baie dokters en siekefondse dit nie eens ken nie. Hulle dink dit is hoë bloeddruk. Ek dink ook daar is dalk meer mense wat daaraan ly. Hulle word net nie reg gediagnoseer nie.”

Oor die wêreldbekende pilletjie, waarvan hy deesdae die generiese produk drie keer per dag moet sluk, het Niemandt gesê: “Die mense spot my baie, maar die pil werk so hard aan my longe dat dit geen ander uitwerking het nie.”

Die simptome van pulmonêre arteriële hipertensie sluit in:

  • Borspyn, veral wanneer oefening gedoen word;
  • hoesbuie en kortasem;
  • geswelde enkels en bene;
  • lighoofdigheid, veral as jy trappe klim of opstaan; en
  • floute.

Lees meer by www.phsa.co.za.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
64% - 437 votes
No! It's time to move on ...
36% - 241 votes
Vote
Rand - Dollar
19.01
+1.1%
Rand - Pound
23.78
+0.7%
Rand - Euro
20.39
+0.8%
Rand - Aus dollar
12.39
+0.8%
Rand - Yen
0.12
+1.2%
Platinum
923.50
+1.2%
Palladium
989.50
-1.5%
Gold
2,333.12
+0.8%
Silver
27.37
+0.8%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,437
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
62,119
+2.8%
Industrial 25
102,531
-1.4%
Financial 15
15,802
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE