Volksblad

Twee Volksblad-koerantverkopers oorlede

2012-06-15 11:00
Twee van Volksblad se koerantverkopers is vanoggend oorlede.

Van die koerantverkopers was onderweg na hul onderskeie afsetpunte toe die afleweringsvoertuig wat hulle vervoer vir ’n ander motor moes uitswaai. Een van die koerantverkopers het uitgeval waarna ’n bus glo oor hom gery het. ’n Tweede koerantverkoper is later in die hospitaal oorlede.

Die name van die koerantverkopers kan nog nie bekend gemaak word nie. Een van die koerantverkopers het by die kruising van Lucas Steynstraat en Dan Pienaarrylaan koerante verkoop.

Die ander is met geringe beserings huis toe gestuur.
 
«Terug