Share

Joernalis se dramateks oor plaasmoord bekroon

DIE bekroonde joernalis Willemien Brümmer het die Absa KKNK en Dagbreek Trust se tekskompetisie gewen met haar drama Aandlied.

Aandlied handel oor ’n moord op ’n plaas waar die Afrikaanse gesinstruktuur blootgelê word.

Brümmer sê die verhaal is losweg gegrond op onlangse nuusgebeure.

“Wat my boei van die onderwerp, is die grys gebied waar persoonlike politiek (noem dit harts-politiek), familiepolitiek en landspolitiek bymekaarkom in ’n land soos Suid-Afrika waar ons almal bloots gery word deur geweld.

“Watter rol speel die geskiedenis – nie net in plaasmoorde nie, maar ook in gesinsmoorde?

“En wat is die verskil tussen die anatomie van ’n plaasmoord en dié van ’n gesinstreurspel?” vra Brümmer.

Dié kompetisie is oopgestel aan alle skrywers – gevestig en opkomend – met die doel om nuwe Afrikaanse dramaturgstemme te ontgin.

Brümmer is ’n joernalis by Die Burger, Beeld enVolksblad se Saterdagbylaag By en is vanjaar die Rykie van Reenen-genoot aan die Universiteit Stellenbosch, waar sy in die joernalistiek klasgee.

Dit is die eerste keer dat sy haar hand aan ’n verhoogteks waag. Sy is die skrywer van ’n bundel kortverhale, Die dag toe ek my hare losgemaak het.

Brümmer se inskrywing is uit meer as 50 aansoeke gekies deur ’n paneel wat bestaan het uit Theo Kemp, die programbestuurder van die KKNK, regisseur Alwyn Swart en die dramaturg Saartjie Botha.

Brummer ontvang R50 000 kontant en gaan die teks verder ontwikkel saam met die dramaturg Schalk Schoombie sodat dit op die KKNK opgevoer kan word.

Die 19de KKNK vind volgende jaar van 29 Maart tot 6 April op Oudtshoorn plaas.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
42% - 340 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
58% - 474 votes
Vote
Rand - Dollar
18.92
-0.1%
Rand - Pound
23.91
-0.0%
Rand - Euro
20.45
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.35
-0.0%
Rand - Yen
0.13
-0.1%
Platinum
911.00
+1.6%
Palladium
1,008.15
+0.6%
Gold
2,222.33
+1.3%
Silver
24.87
+0.9%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,346
+1.0%
All Share
74,536
+0.9%
Resource 10
57,251
+2.9%
Industrial 25
103,936
+0.6%
Financial 15
16,502
-0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE