’n VEILIGHEIDSBEAMPTE op ’n Amerikaanse lughawe het vermoed daar is ’n slang in die gras toe ’n vliegtuigpassasier se broek ’n groot knop gemaak het.
Jonah Falcon (41), wat reken dat hy die mees welbedeelde man ter wêreld is, is vroeër vandeesmaand op die San Francisco-lughawe deur ’n veiligheidsbeampte voorgekeer toe ’n “groot knop” sy agterdog gewek het, berig Sapa-AFP
Falcon was op pad na New York.
“Hulle wou weet of daar iets in my sak is. Ek het nee gesê. Die beampte wou toe weet of ek ’n vergroeisel het.”
Falcon het op Twitter geskryf hy het vir die beampte gesê: “Dit is nie ’n vergroeisel nie. Dit is my penis.”
Die beampte het hom deurgesoek en twee uur later is hy laat gaan, het Falcon getwiet.
“Hulle het nie geweet wat om van die massiewe knop te maak nie.
“Tot nadat ek deur die liggaamskandering gegaan het,” het hy op Twitter geskryf.
Sy penis se “normale” lengte is 23cm en 34cm wanneer hy ’n ereksie het.
“My penis is so lank soos my arm en so dik soos my gewrigte en ek het dik gewrigte,” het Falcon in ’n onderhoud aan die TV-kanaal TLC gesê.
– Saamgestel deur Piet Matipa.
Sapa - AFP