As jy gesukkel het om vanoggend op te staan, kan jy dalk aan sosiale vlugflouheid ly.
Navorsers aan die Rush-universiteit in Chicago het bevind dat omdat ’n mens naweke later slaap, dit jou moeër maak teen die tyd wat die week weer begin.
In die studie is bewys dat jou laatslaappatrone tydens die naweek veroorsaak dat jy nog tot Woensdag slaperig is.
Die frase sosiale vlugflouheid is deur die Duitse navorser Till Roenneberg bekend gestel en volgens hom kan dit jou gesondheid baie benadeel. Die kanse dat mense wat aan sosiale vlugflouheid ly, hulle wend na drank, sigarette, en drankies met kaffeïne is baie goed.
In sy jongste studie het Roenneberg bevind dat mense met verskillende week- en naweekslaappatrone drie keer meer geneig is om oorgewig te wees.
Lees meer
hier.