BASEL. – ’n Uitermate aktiewe ongebore baba het ’n motorongeluk in Switserland veroorsaak toe dit hard binne die ma se baarmoeder geskop en haar beheer oor haar motor laat verloor het, het die polisie gister hier gesê.
Die vrou, ’n Duitse burger, het Donderdag naby Basel bestuur toe sy ’n harde skop gevoel het. Sy het beheer oor haar motor verloor, wat toe teen ’n paal en ’n heining gebots en op sy sy tot stilstand gekom het.
Die ma, wat nege maande swanger is, is lig beseer.
’n Polisiewoordvoerder kon nie inligting oor die ongebore baba se gesondheid bekend maak nie, maar het bevestig dat die motor ’n wrak is. – Sapa-DPA
Volksblad