Share

Koor van stemme verwelkom nuwe pous

PRETORIA. – Pous Franciskus I het blykbaar vroeër afstand gedoen van sy motor om openbare vervoer te gebruik.

Dié verhaaltjie, sê aartsbiskop Stephen Brislin, president van die Suider-Afrikaanse Katolieke Biskoppekonferensie, wys dat die nuwe pous ’n mens vir die mense is.

Brislin was een van ’n koor van stemme van binne en buite die kerk wat die verkiesing van pous Franciskus gister verwelkom het.

Hy is wyd geloof as ’n eenvoudige en nederige mens met ’n hart vir die armes.

Brislin het gesê die nuwe pous ken die uitdagings van die ontwikkelende wêreld. Hy het homself tevore dikwels en dapper uitgespreek oor die groot ongelykhede in die wêreld.

“Sy dors na geregtigheid vir almal sal ’n sterk eienskap van sy termyn as pous wees.”

Biskop Kevin Dowling van Rustenburg wat baie betrokke is by die stryd teen vigs, sê sover hy weet, het die nuwe pous ook in hierdie veld gewerk.

Dit is ’n terrein waarin die Rooms-Katolieke se teenkanting van die gebruik van kondome dikwels ’n twispunt was.

Dowling sê hy hoop pous Franciskus se uitgangspunt sal die lyding van die armes en die randfigure en veral vroue wees, en nie ’n wettiese raamwerk nie.

Franciskus moet “’n gevoelvolle pous vir lydende mense” wees.

Dr. Braam Hanekom, moderator van die NG Kerk in Wes- en Suid-Kaapland, het gesê Franciskus se verkiesing “herbevestig ’n beweging na eenvoud, die helder verkondiging van die evangelie en die uitreik na armes”.

Dr. Setri Nyomi, hoofsekretaris van die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke, het in ’n brief aan die nuwe pous gesê hy is geraak deur Franciskus se nederigheid.

Die keuse van sy naam – ’n heenwysing na Franciskus van Assisi – toon ook dat die lot van armes en geregtigheid vir almal belangrik gaan wees vir die nuwe pous.

Dr. Olav Fykse Tveit, hoofsekretaris van die Wêreldraad van Kerke, het die verkiesing bestempel as ’n draaipunt in die geskiedenis van die Rooms-Katolieke Kerk.

“Saam met dié nederige pelgrim van die kerk, wat ’n eenvoudige leefstyl gehad het en ’n passie toon vir maatskaplike geregtigheid en die opheffing van die armes, herbevestig ons ons verbintenis tot die soeke na geregtigheid en vrede,” het Tveit gesê.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
63% - 44 votes
No! It's time to move on ...
37% - 26 votes
Vote
Rand - Dollar
19.08
+0.7%
Rand - Pound
23.88
+0.3%
Rand - Euro
20.46
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.45
+0.3%
Rand - Yen
0.12
+0.9%
Platinum
917.80
+0.6%
Palladium
1,012.00
+0.7%
Gold
2,327.06
+0.5%
Silver
27.45
+1.1%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,768
+0.3%
All Share
74,703
+0.3%
Resource 10
62,082
+2.7%
Industrial 25
103,088
-0.9%
Financial 15
15,885
+0.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE