Kuswag Rotary

TIM Schneider is ’n Rotary uitruilstudent by Kuswag Skool. Hy kom van Sonthofen Bavaria. Skool in Suid-Afrika is baie anders as waaraan hy gewoond is. Hy het reeds baie vriende gemaak. Melktert, koeksisters, biltong, gemmerbier en Cream Soda is verseker gunsteling nuwe Suid-Afrikaanse smake. Tim pas baie goed aan en wens sy 6 weke sal nie te vinnig verbygaan nie. –Verskaf