Share

Block, Scholtz meld dalk gou by tronk aan

Indien die konstitusionele hof Christo Scholtz en John Block se aansoek om appèl teen hul skuldigbevinding aan korrupsie en gevangenisstraf van 15 jaar verwerp, sal hulle spoedig by die tronk aanmeld.

Block, voormalige Noord-Kaapse ANC-leier, en Scholtz, ’n direkteur van Trifecta, het dié belofte Maandag (27/08) in die hooggeregshof in Kimberley in hul jongste borgtogaansoek gemaak.

Die twee, wat in 2015 in die hooggeregshof in Kimberley aan korrupsie skuldig bevind is, se appèl is verlede week deur die appèlhof in Bloemfontein verwerp.

Scholtz het vroegoggend aan joernaliste gesê hy sal nie moed opgee in sy stryd om appèl nie.

Regter Pule Tlaletsi, regterpresident van die Noord-Kaap, het hul aansoek om borgtog voorwaardelik toegestaan.

Benewens die R50 000 wat elkeen teen Woensdag moet betaal, sal die ondersoekbeampte hul paspoorte hou.

Daar was verlede week verwarring of hulle binne 48 uur by die tronk moes aanmeld ná die appèlhofuitspraak, en dat hulle as voortvlugtig beskou word omdat hulle nie aangemeld het nie.

Adv. Tokkie van Zyl SC, namens Scholtz, het voorgestel dat hulle binne vyf dae vir gevangenisstraf aanmeld indien hul aansoek na die konstitusionele hof onsuksesvol is.

Regter Tlaletsi het bevind dit is onnodig, omdat die tydperk waarin iemand homself moet aanmeld, die diskresie van die griffier van die hooggeregshof is.

Die griffier het nie ná die appèlhofuitspraak ’n lasbrief uitgereik nie omdat Scholtz en Block onmiddellik aansoek om borgtog gedoen het.

Block en Scholtz kon
geen dwingende en wesenlike getuienis aanbied om die vonnis van 15 jaar gevangenisstraf te versag nie.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
65% - 143 votes
No! It's time to move on ...
35% - 77 votes
Vote
Rand - Dollar
18.98
+1.2%
Rand - Pound
23.76
+0.8%
Rand - Euro
20.36
+0.9%
Rand - Aus dollar
12.39
+0.7%
Rand - Yen
0.12
+1.4%
Platinum
916.10
+0.4%
Palladium
1,008.00
+0.3%
Gold
2,324.54
+0.4%
Silver
27.36
+0.7%
Brent-ruolie
88.02
-0.5%
Top 40
68,529
-0.1%
All Share
74,489
-0.0%
Resource 10
61,532
+1.8%
Industrial 25
103,048
-0.9%
Financial 15
15,871
+0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE