Dié met kop vir sake klink glasie op nuwe bande

Die Noord-Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid (Nokki) se jaarlikse handel-ekspo is van Donderdag (02/08) tot Saterdag (04/08) by die Mittah Seperepere-konferensiesentrum in Kimberley aangebied. Die handel-ekspo dien as ’n platform waar korporatiewe bestuurders, ingenieurs, verkoop- en aanlegbestuurders, ontwikkelaars, navorsers, ander belanghebbendes en sakelui, asook die die publiek, netwerke kan smee. Produkte en dienste word ook tentoongestel.

Gaste en uitstallers het Woensdagaand gesellig saam verkeer om die opening van die geleentheid te vier.

Noordkaap het gaan inloer.