Share

Kby-polisieman behaal tweede plek

Ongeveer 150 fietsryers van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het van 20 tot 23 Augustus aan die SAPD-bergfietskampioenskaps­byeenkoms in Kimberley deel­geneem.

Die kompetisie het uit ’n tydtoets, ’n veldren, ’n marathon-wedren en ’n heuwelagtige skof bestaan. Nadat van die polisie se fiksste lede dit oor ’n uitmergelende paar dae uitgespook het, is die wenners aangekondig.

Kimberley se eie AO Bennie Coetzer het ’n algehele tweede plek in die mansafdeling behaal.

Hy was ’n kortkop agter die Wes-Kaap se AO Wynand Mulder.

Kapt. Herman van der Westhuizen van Mpumalanga het ’n derde plek in die kompetisie behaal.

In die vroueafdeling het kapt. Lindsay Wegner van die Wes-Kaap ’n eerste plek behaal. Sy is deur AO Natasha Harmse van Mpumalanga (in die tweede plek) en kapt. Marie Kleynhans van Noordwes gevolg.

Die provinsiale spanne het ook ’n geldinsamelings­projek vir Caritas gehou waardeur meer as R10 700 vir dié nie-regeringsorganisasie ingesamel is.

Die volgende bergfietskampioenskaps­byeenkoms van die SAPD word volgende jaar in Gauteng gehou.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
53% - 248 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
47% - 222 votes
Vote
Rand - Dollar
19.25
-0.3%
Rand - Pound
23.84
-0.6%
Rand - Euro
20.54
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.42
-0.4%
Rand - Yen
0.12
-0.3%
Platinum
915.70
-1.6%
Palladium
1,002.50
-1.3%
Gold
2,301.19
-1.1%
Silver
26.93
-0.9%
Brent Crude
87.00
-0.3%
Top 40
67,793
+0.4%
All Share
73,734
+0.3%
Resource 10
59,214
-2.8%
Industrial 25
102,645
+1.6%
Financial 15
15,808
+1.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE