Share

Leerlinge beplan aan die regte pad

Die Sol Plaatje-munisipaliteit moet dalk by van die jonges van die Hoërskool Noord-Kaap vir raad aanklop oor hoe om Kimberley se paaie te verbeter.

’n Span leerlinge van die skool het onlangs ’n eerste plek in ’n nasionale padboukompetisie met hul blink plan behaal om plaaslike paaie te verbeter.

Leerlinge van oor die land heen moes drie probleme in hul gebied identifiseer en dan met oplossings vorendag gekom het oor hoe om hierdie probleme op te los.

Die leerlinge, Cindy de Jonge, Shamiel Paulse, Dyllen Clarke, Luqmaan Dawray en Liam Jacobs, het ’n gebrek aan parkeerspasie naby hul skool, die slegte toestand van paaie en ongeproklameerde grondpaaie in die gebied as drie van die vernaamste struikelblokke geïdentifiseer.

Die span het met drie voorstelle vorendag gekom om hierdie probleme aan te spreek.

Die skep van aangewese parkeerplekke vir ouers en taxi’s, die verbetering van paaie in die omgewing van die skool en twee verkeersirkels naby die Hoërskool Noord-Kaap – een in Haystonstraat en een in Meyerstraat – om die verkeersvloei beter te reguleer, is hul voorstelle.

Die span moes ook driedimen­sionele modelle bou, ’n Power­Point-aanbieding maak en ’n demonstrasie hou.

Hulle het ’n eerste plek in Suid-Afrika in die kategorie vir padbou in stadsgebiede behaal.

Die kompetisie word jaarliks deur die padverkeerbestuurskorporasie in samewerking met die departement van basiese onderwys en die departement van vervoer, veiligheid en skakeling aangebied.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 435 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 931 votes
Vote
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent Crude
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE