Share

Pa vergiftig glo seuntjie oor vrou

’n Pa wat na bewering sy eie seun vergiftig het om op sy vervreemde vrou wraak te neem, moet vandag (22/08) weer in die hof in Warrenton verskyn.

Joseph Sejeso (39) het op Maandag 8 Augustus die eerste keer op ’n aanklag van moord in die hof verskyn.

Volgens Mami Sejeso, Joseph se suster, is hy vervreem van sy vrou, Evelyn, wat ook sy seuntjie se ma is.

Evelyn het glo verlede week ’n klag by die polisie ingedien waaroor Joseph skynbaar woedend was.

Op 2 Augustus het Joseph en Katlego (4), hul seuntjie, glo ’n konkoksie gedrink. Hy het toe met Katlego verdwyn.

“Hulle is vroeg die volgende dag gevind, sowat ’n blok weg van hul huis.”

Katlego is na die Warrenton-hospitaal gebring, waar hy gesterf het.

“Joseph het uit die Kimberley-hospitaal gevlug, maar is op 9 Augustus deur die polisie aangekeer en in hegtenis geneem.”

Mami sê Evelyn is gebroke. Sy onthou haar seun se laaste ure waarin hy in geweldige pyn verkeer het.

“Snags kan sy nie slaap nie, want die voorval spook by haar. Hoe kan iemand iets so onmenslik doen? Niemand se kind verdien om so te sterf nie.

“Haar eersteling is doodgebore en nog ’n kind is twee jaar gelede weens ’n siekte dood. Ná Katlego­ se dood het sy net een dogter oor.”

Die seuntjie is Vrydag (17/08) in Warrenton begrawe nadat die familie skenkings ontvang het om vir die begrafnis te betaal.

Kapt. Olebogeng Tawana, polisie­woordvoerder, sê die polisie ondersoek die vermoede dat Sejeso die seun vergiftig het. Hy bly in aanhouding.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
66% - 661 votes
No! It's time to move on ...
34% - 344 votes
Vote
Rand - Dollar
19.08
-0.3%
Rand - Pound
23.86
-0.3%
Rand - Euro
20.48
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.48
-0.7%
Rand - Yen
0.12
+0.3%
Platinum
931.30
+0.6%
Palladium
992.50
+0.2%
Gold
2,338.84
+0.3%
Silver
27.62
+0.7%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,178
+1.1%
All Share
75,093
+1.0%
Resource 10
62,897
+1.3%
Industrial 25
103,895
+1.3%
Financial 15
15,856
+0.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE