Share

Rioolrivier ‘walglik’, bedreig gesondheid

Barkly-Wes se “rioolrivier” bedreig nie net inwoners nie, maar ook mense laer af met die Vaalrivier omdat rioolvuil die rivier in vloei, sê die plaaslike DA.

Dit volg op die departement van arbeid se besluit op Vrydag 3 Augustus om die Laerskool Barkly-Wes te sluit weens die damme rioolvuil op die skoolterrein. Die skool was die afgelope week gesluit terwyl die Dikgatlong-munisipaliteit herstelwerk aan die pomp buite die skool gedoen het.

Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die departement van onderwys in die Noord-Kaap, sê die skool sou Maandag (13/08) weer oop wees nadat gesondheidsinspekteurs die skool besoek en die groen lig gegee het.

Lesego Pule, woordvoerder van die departement van omgewingsake en natuurbewaring, sê hul inspekteurs was Vrydag (10/08) daar.

Hulle sou Maandag die verslag oor die probleme ontvang het.

Safiyia Stanfley, DA-woordvoerder oor onderwys, sê die departement van onderwys moes vroeër opgetree het toe die probleem kop uitgesteek het.

“Hulle kan nie reaktief optree wanneer die skool eers toegemaak is nie.”

Stanfley en Daisy Hendricks, DA-raadslid, het besoedelde plekke in die dorp besoek.

“Die pomp by die skool was verstop en die rioolvuil het na die skool teruggestoot. Slote is gegrawe om die water te laat wegvloei en die besoedelde grond is met chloor behandel.

“Dit is net ’n tydelike oplossing. Die pompe sal weer breek omdat die munisipale infrastruktuur in ’n haglike toestand is. Dit is onduidelik hoe die leerlinge die verlore werk sal inhaal. Ons kan nie bekostig dat onderwys weens rioolprobleme in die wiele gery word nie.”

Hendricks sê die rioolpompe by die Mataleng-kruising langs die provinsiale R31-roete is ook buite werking.

“Die rioolvuil vloei soos ’n rivier uit die pompstasie, onderdeur die vloedwaterbrug en af na die Z.K. Matthews-hospitaal. Die hospitaal se rioolpomp lek ook. Dié water vloei vermoedelik na die Vaalrivier.”

Die DA sal die water in die stroom laat toets.

Kagiso Modise, munisipale bestuurder, sê hulle is besig om die probleme aan te pak.

“Kontrakteurs is aangestel om die verstopte pype by Mataleng en Longlands skoon te maak en die pompe te herstel.

“Ons verneem daar is ook lekkasies by die hospitaal. Ek erken die rioolvuil kan ook die grondwater besoedel en dit sal ondersoek word. Ek is seker dat die water wat van ’n stroom in die Vaalrivier vloei, nie besoedel of rioolvuil is nie. Ek het vandeesweek gaan kyk en my hand in die stroom gesteek.”

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
48% - 1052 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
52% - 1127 votes
Vote
Rand - Dollar
19.21
+0.0%
Rand - Pound
23.95
-0.0%
Rand - Euro
20.58
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.50
-0.1%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
910.90
-0.1%
Palladium
998.00
-0.7%
Gold
2,315.14
-0.0%
Silver
27.11
-0.2%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,574
0.0%
All Share
74,514
0.0%
Resource 10
60,444
0.0%
Industrial 25
104,013
0.0%
Financial 15
15,837
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE