Share

Ryer mik weer na rekord

Die wêreldrekordhouer vir die motorfietsryer wat die verste afstand in 24 uur kon aflê, Matthew “Bushy” McKelvey, het Saterdag 4 Augustus weer dié rekord op Hakskeenpan probeer verbeter.

McKelvey het op 8 Oktober 2014 dié Guinness-wêreldrekord (3 257,5 km) op die Phakisa-renbaan net buite Welkom opgestel.

Hy het in Augustus op Hakskeenpan in die Kalahari probeer om die titel as rekordhouer weer terug te wen nadat ’n Amerikaner van Texas, Carl Reese, die rekord in Februarie verlede jaar tot 3 604 km verbeter het.

Nadat McKelvey (56) ’n uitmergelende rit deur die nag gery het, moes hy weens tegniese probleme ’n uur voor die tyd die aftog blaas.

Hy wou die rekord tot 4 827 km verbeter, maar kon slegs 3 265,5 km bereik. Dié mislukking het McKelvey egter nie ontnugter nie, meen Charl Page, ’n inwoner van Andriesvale wat die geleentheid bygewoon het.

“Hy sê hy gaan weer probeer.”

McKelvey het Saterdag se uithourit vir die rekord vir Guiness Wêreldrekordsop sy KTM 1290 Super Adventure S-fiets aangepak.

McKelvey is in Kimberley gebore en het later na Port Elizabeth verhuis.

Hy het albei bene weens motorfietsongelukke verloor – eers sy linkerbeen in 1999, toe die regter een in 2008.

beide vroeër na ongelukke geamputeer is, se rekord staan tans op 3265.5km wat hy in 24 uur afgelê het.

In 1999 en 2008 is hy in onderskeidelike ongelukke deur motoriste van sy motorfiets gestamp. In beide die ongelukke is eers sy een been en toe die ander geamputeer.

Volgens McKelvey het hy ná die tweede ongeluk gedink sy dae op ’n motorfiets is getel.

Hy het egter merkwaardig vinnig herstel en was sommer gou weer met sy prostese op ’n ysterperd.

Hy het sedertdien ’n motorfietsklub met die naam Out On A Limb gestig.

Dié klub is by talle liefdadigheidsprojekte betrokke.

Sy doel met dié waaghalsige uithouritte is om geld in te samel sodat huise vir behoeftige mense in KwaZulu-Natal gebou kan word.

Sylvia Lucas, premier van die Noord-Kaap, het McKelvey vir sy moed en passie geprys.

“Die regering van die Noord-Kaap sal altyd sy steun aan enigiemand gee wat hul deel wil doen om ander se lewe te verbeter.

“McKelvey is ’n bron van aanmoediging en inspirasie vir almal. Ons moet altyd bo ons omstandighede probeer uitstyg en probeer om uitdagings te oorkom,” sê Lucas.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 970 votes
No! It's time to move on ...
33% - 470 votes
Vote
Rand - Dollar
18.76
+1.4%
Rand - Pound
23.43
+0.3%
Rand - Euro
20.08
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.25
+0.3%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
924.10
-0.0%
Palladium
959.00
+0.1%
Gold
2,337.68
0.0%
Silver
27.19
-0.0%
Brent Crude
89.50
+0.6%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE