Share

ABRRA is lewendig, proaktief

DIT wil voorkom asof Astonbaai se Belastingsbetalersvereniging (ABRRA) deur vroegtydige hantering van gemeenskapsprobleme die regte knoppie gedruk het om suksesvolle samewerking tussen die Kouga Munisipaliteit en die dorpsgebied se belastingbetalers te verseker.

Die groep wat daarna streef om inwoners en munisipaliteit op aanvaarbare en vriendskaplike wyse te laat skakel, het tot stand gekom toe Paradysstrand en Astonbaai (albei Jeffreysbaaise woongebiede) in wyke 12 en 14 onderskeidelik verdeel is. Die inisiatief is geneem om saam met die stadsraad beter dienslewering aan Astonbaai te verskaf.

Die ampsdraers van die groep is Christie de Klerk (addisionele lid, verteenwoordiger en voorsitter van Buurtwag), Willie Styger (addisionele- en Buurtwag-lid wat op Astonbaai strandpatrollies doen), Ronél Brooks (kommunikasiebeampte), Pat Vosloo (sekretaresse), Jacob Smal (tesourier) en Louise Saayman (waarnemende voorsitter).

Die mees onlangse optrede van dié geïntegreerde span stuur ’n sterk boodskap aan alle partye uit dat daar nie meer verlief geneem word met klagtes wat in die lug hang en nutteloos op sosiale media versprei word nie. Inteendeel tree hulle op gereelde basis na vore om alle klagtes te ondersoek en onder die munisipaliteit se aandag te bring. Terselfdertyd word negatiewe kritiek, sonder positiewe insette, teengestaan en alle lede sterk gemaan om dit te vermy indien hulle hul stemme gehoor wil hê.

Saayman, Brooks en Vosloo het op 22 Augustus saam met Japie Smal, Robin Jantjies en mnr. Kammies verskillende probleemareas besoek en aandag gegee aan onooglike droë takke, die toestand van die Dolphinrylaan-rioolpompstasie, erwe waar randstene gelig is vir reparasie en nog nie weer herstel is nie, asook die herstel van Oswaldsingel se teerpad. Die uitslag van die gesamentlike besoek was baie positief en hulle het besluit om dit op 27 Augustus op te volg met ’n besoek aan Jantjies se kantoor.

Daar word ook voortdurend met die publiek geskakel om probleme met paaie en ander munisipale infrastruktuur onder ABRRA se aandag te bring, sodat die munisipaliteit die nodige aandag daaraan kan gee. Ledetal word ook versterk deur kontak tussen die publiek en die organisasie.

Astonbaai-inwoners kan met ABRRA skakel by abrracommunication@outlook.com of tydens kantoorure Maandag tot Vrydag (9:00 tot 16:00) by 0607469457. Hulle kan ook bereik word op hul FB-blad, Aston Bay Ratepayers en Residents Association. Voeg jouself as vriend by om op hoogte gehou te word van die jongste aktiwiteite.

Die groep se eerskomende vergadering vind plaas op Donderdag, 30 Augustus om 14:30 in die Marina Martinique-saal.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Now that e-tolls gantries have been switched off, will you be settling your outstanding debt?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No way, they're not getting a cent from me
88% - 1777 votes
Yes, I guess it's the right thing to do
4% - 75 votes
Mmh, I'm watching legal cases and playing it by ear
8% - 168 votes
Vote
Rand - Dollar
19.01
+0.2%
Rand - Pound
23.68
-0.1%
Rand - Euro
20.29
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.24
-0.4%
Rand - Yen
0.12
-0.1%
Platinum
952.30
-2.4%
Palladium
1,036.00
+1.3%
Gold
2,371.75
-0.5%
Silver
28.27
+0.6%
Brent Crude
90.02
-0.1%
Top 40
66,899
0.0%
All Share
72,995
-0.0%
Resource 10
63,378
+2.8%
Industrial 25
97,824
-0.5%
Financial 15
15,384
-1.7%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE