SKUTS van regoor die Oos- en Wes-Kaap het verlede naweek op die Langkloof Skietbaan in Joubertina toegesak om mededingers met hul skietvernuf op die neus te laat kyk.
Die 18de jaarlikse Langkloof Appelskietkompetisie, aangebied deur die Langkloof Skietklub, het 124 deelnemers - ’n rekordgetal met die oudste deelnemer 78 jaar en die jongste 8 jaar - van Port Elizabeth, Somerset-Oos, Oudtshoorn, Mosselbaai, Graaf-Reinett en die Langkloof gelok wat hul slag op die skietbaan kom wys het.
Daar was ses verskillende bane, elk met verskillende teikens en afstande, waaronder ’n jakkals op ’n glybaan wat geskiet moet word terwyl hy beweeg. Daar was verder opgeblaaste bbalonne in teikens en appels op ’n riet.
Elke skuts moes vyf skote skiet, met ’n maksium van 30.1 punte per skoot.
Die algehele wenner van die dag is Leras van Zyl (16) met ‘n telling van 825 punte uit 900.
Uitslae
Junior
1. Leras van Zyl (825.8)
2. Anlo Ferreira (645.5)
3. Erik Zeelie (625)
Dames
1. Junita van Zyl (700.5)
2. Cheryl Coetzee (560)
3. Junita van Zyl (555.4)
Senior
1. Jimmy Farnham (600.7
2. Niel Basson (480.1)
3. Aurther Lilford (470)
Ope
1. Leras van Zyl (825.8)
2. Francois Ferreira (810.7)
3. Christo Delport (751.1)
Standaard jaggeweer
1. Junita van Zyl (700.5)
2. Erik Zeelie (625)
3. Hugo Moolman (605.4)