Share

Eienaars eis aksie voor iemand sterf

Ons het vas geslaap toe die slag ons wakkerruk. Dit was net na middernag op Saterdagoggend toe ons - nog deurmekaar - dadelik na buite hardloop.

So vertel Michelle Klerck na ‘n vierde voertuig sedert 2016 om 12:35 deur hul huis se grensmuur geploeg het.

“Hierdie keer is ek net dankbaar dat niemand in of deur die huis is nie”, sê sy. Die vorige keer het ‘n vrou die motorhuis getref na sy oor ‘n leë erf, skrams verby ‘n elektri-siteitkas deur die muur is (pas herstel van die vorige ongeluk). Vensters was aan skerwe met krake in die muur.

Die huis op die hoek van Noorsekloof- en Seetuinweg is ‘n ‘teiken’ vir spoedvrate. Maar Wayne en Michelle is vasbeslote om die jaagduiwels in Noorsekloofstraat te stop vóór iemand sterf. “Ons grootste vrees is om ‘n jongmens se lyk op ons drumpel te vind.”

“Die probleem is spoed. Daar is dikwels dronkbestuur by betrokke. ‘n Effense draai in die pad is nie die probleem nie – die gejagery is.”

“Dit kan bloot nie so voortgaan nie. Kinders kon dood gewees het. Ons dring aan op ‘n oplossing van die Kouga Munisipaliteit om effektiewe spoedvermindering toe te pas”, sê Michelle, die gewoonlik vrolike eienaar van die kleurvolle winkel, Michelle K, langs die Spar in Da Gama-weg.

Jongste voorval

In die jongste voorval het twee jongmanne, matrieks in die Hoërskool Nico Malan op Humansdorp, met ‘n wit Ford Ranger van onder af in Noorsekloof gekom, oor die oop erf langs die Klerck-huis geploeg.

Michelle sê dat die weerkaatsborde wat hulle as waarskuwing aangebring het, is deur die slag “uitgehaal”. “Die voertuig het twee groot rotse laat spat, is deur die grensmuur en het teen ons palmboom tot stilstand gekom. As boom nie daar was nie, sou skade veel erger gewees het. Dan is die muur en hek voor die huis ook nou aan flarde.”

Die bestuurder, Heinrich Rudloff, het glo dadelik die hasepad gekies. Passasier Dylan Gush is deur die buurman gekeer, maar nadat Michelle met hom gepraat het – net toe sy skryfgoed vir ‘n ‘’verklaring’’ gaan haal - het hy ook laat spaander.

Volgens Michelle het hulle ‘n selfoon in die voertuig gevind, en so die verantwoordelikes opgespoor. “Ons moes ure in die yskoue staan voor hulle toestemming kon kry om die motor te laat wegsleep”, sê sy onthuts.

Die Klercks ervaar persoonlike trauma, sukkel om te slaap want elke keer as ‘n motor in die straat afjaag, is hulle bevrees dit gaan weer in hul erf of huis eindig. “Daar is soveel drama, verduidelikings, organisering, finansiële implikasies, vrees vir die volgende roekelose bestuurder, versekeringsake – dit is aaklig!”, verduidelik Michelle.

“Voorverlede jaar het ons ‘n jong meisie bewusteloos gevind. Toe nog een verlede jaar. Ons is so verlig as ons besef nie een is dood nie – maar dan skop die skok en reaksie by ons in. In die meeste gevalle is dronkbestuur ‘n oorsaak. En oor die algemeen is daar nie werklik berou oor wat hulle aangevang het nie, en min neem verantwoordelikheid.”

Michelle vertel dat hierdie hulle droomhuis is waarvoor hulle baie hard gewerk het, tyd en moeite aan bestee het. “Ons weier om te trek of die soort bestuurders bepaal wat met óns gebeur.”

Petisie

Die Klercks het hulle na sosiale media gewend om ‘n be-roep op inwoners te maak om ‘n dringende petisie te te-ken.

“Ons het ‘n enorme spoedstryd in Noorsekloof. By drie van die vier botsings teen ons huis was jongmense betrokke. Hulle het die dood net deur genade vrygespring. Motors is elke keer op ‘n aaklige wyse afgeskryf, en ons woning het telkens strukturele en ander skade gekry.”

Michelle sê: “Ons poog al ‘n jaar lank om spoedwalle aangebring te kry. In plek daarvan het ons nikswerd dreunstawe gekry. Ons vra inwoners om die petisie te teken voor iemand sterf.” Die Klercks het self bykomende ligte en weerkaatsstroke aangebring.

Wyle Kouga burgemeester, Elza van Lingen, het nog verlede jaar die ongelukstoneel besoek. Die mening was dat die straat een van die hoof toegangspaaie in die dorp is wat deur noodvoertuie gebruik word – wat metodes vir snelheidsbeperkings inkort.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think Minister Blade Nzimande made the right call to dissolve the NSFAS board?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, NSFAS mismanagement is costing students
34% - 270 votes
No, it's suspicious given that he's implicated
66% - 525 votes
Vote
Rand - Dollar
19.04
-0.3%
Rand - Pound
23.71
-0.4%
Rand - Euro
20.24
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.22
-0.0%
Rand - Yen
0.12
-0.1%
Platinum
981.10
+0.5%
Palladium
1,028.00
+0.5%
Gold
2,372.88
-0.4%
Silver
28.39
-1.7%
Brent Crude
90.10
-0.4%
Top 40
67,109
-1.8%
All Share
73,254
-1.7%
Resource 10
61,547
-3.7%
Industrial 25
98,949
-1.2%
Financial 15
15,690
-0.9%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE