Deel

Fonteine Park Apteek vier 25 jaar van sukses

akkreditasie

DIE gewilde Fonteine Park Apteek in Da Gamaweg, Jeffreysbaai vier vandeesmaand hul 25ste verjaardag - meer as twee dekades van sukses in moeilke ekonomiese omstandighede.

Dié familie-georienteerde apteek, wat oor dekades nie van eienaar of perseel verander het nie, is in 1993 deur die Du Preez-familie gestig: apteker Willem du Preez en sy ouers, Thinus du Preez en Annette Crous.

Die begin

Konstruksie van die gebou het in Junie 1993 by hul perseel (Da Gamaweg 115) begin. Twee maande later het Fonteine Park Apteek sy deure amptelik op 2 Augustus 1993 met slegs drie personeellede geopen: Willem du Preez (apteker en bestuurder), Matty Nolte en Samantha Smith (Du Plessis) van wie laasgenoemde steeds by die apteek werksaam is.

Die kompleks is deur Christo Vosloo van Sevos Argitektuur ontwerp, terwyl die bou-werk deur NJO du Plessis bouers gedoen en die binne-ontwerp die werk van Shelvit was. Thinus het baie van die voorbereidingswerk en finale bouwerk self behartig het.

Dr. Jack Finestone, ’n bekende pediater van Port Elizabeth, en plaaslike oogkundige Sandra Coetzer het op dieselfde tyd in die kompleks begin praktiseer. Later het die tandarts Danie Steyn ook ingetrek en is deur dr Johan Smit opgevolg.

Fonteine Park Apteek

Tans spog die apteek met agt personeellede: Willem du Preez, Elma du Preez, Leandré van Kampen, Alouise du Preez, Samantha du Plessis, Minette Bond, Chantal Rademeyer en Marietta Ferreira.

Die huidige huurders sluit in dr. Jack Finestone (pediater), Dappie Prinsloo (tandarts) en Wink Skoonheidsalon.

  • Wi“Dit gaan alles oor persoonlike diens en genade van Bo,” sê hy.

“Dit is ons strewe om persoonlike en individuele aandag aan al ons klante te gee. Ons streef verder daarna om hulle van die beste raad te bedien en met die mees koste-effektiewe produkte te voorsien.”

Fonteine Park Apteek is aan die meerderheid mediese fondse gekoppel en bied ’n groot verskeidenheid skoonheids- en grimeerprodukte aan.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
19.11
+0.4%
Rand - Pond
23.79
-0.4%
Rand - Euro
20.45
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.39
-0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.4%
Platinum
920.50
-1.1%
Palladium
1,026.50
+1.1%
Goud
2,322.40
-0.2%
Silwer
27.32
+0.5%
Brent-ruolie
87.00
-0.3%
Top-40
68,051
+0.8%
Alle aandele
74,011
+0.6%
Hulpbronne 10
59,613
-2.2%
Industriële 25
102,806
+1.7%
Finansiële 15
15,897
+1.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos