Share

Gebarste waterpyp-epidemie tref Astonbaai

AS Astonbaaiers gedink het 11 Julie se gebarste waterpyp is ’n krisis, het hulle die afgelope drie weke die woord in die oortreffende trap leer ken; want in dié tyd het nie minder nie as ses ondergrondse waterpype gebars en massas water verlore gegaan.

Die eerste pyp in Pikkewynstraat was kwalik reggemaak, toe borrel water in Pelikaan-singel uit. Nadat water daelank vermors is, is dié pyp vervang, en dadelik daarna het ’n pyp drie huise verder gebars. Toe dít na ’n geruime tyd herstel is, was dit omtrent drie dae later die beurt van nóg een in dieselfde area – dié keer in Pelikaanstraat. Die munisipaliteit het in die twee laaste gevalle redelik vinnig opgetree nadat die probleme dringend op ’n nuutgestigte mediagroep “Astonbaaier, sê jou sê” genoem is.

Hoewel die dorpsgebied se inwoners dankbaar is vir die knap optrede van alle betrokkenes, is daar ’n paar kwelvrae wat aandag verg. Hoekom, word gevra, moet water dáé lank spuit of borrel voordat dit aandag kry – dít terwyl die munisipaliteit almal maan om water spaarsaam te gebruik? Om watter rede is die barste almal gesentreer binne ’n enkele straat of twee? Het dit dalk te make met té groot drukking nadat lekplekke herstel is? Waarom word water toegelaat om heeldag te loop en dan word alle water toegedraai net as mense van die werk af kom of vroegoggend werk toe moet vertrek?

’n Ander hoofpyn is dat grond soms onnodig lank lê voordat diep vore toegestoot word. In die een geval is grondwalle reg voor ’n huis se motoringang gelos. Die voor is toegestoot, maar die inwoners kan nie by hul oprit uitkom nie. En op feitlik alle plekke waar geplaveide opritte se stene verwyder is, is dit in ’n hoop eenkant gelaat. Is dit nou die eienaars se verantwoordelikheid om hul opritte te herstel? Indien wel, sou hulle graag in kennis gestel wil word.

Louise Saayman van die Belastingbetalersvereniging en ander plaaslike openbare instansies, maan inwoners om versigtig te wees wanneer hulle iets rapporteer, aangesien verkeerde inligting tydrowend vir die munisipa-litseit kan wees.

“Hoe vining die munisipaliteit kan reageer, hang af van hoeveel waterlekke of pypbarste daar aan gewerk word,” sê Infrastruktuur en Ingenieurswese Portefeulje Raadslid, Freddy Campher.

“Dit is dus waar dat die munisipaliteit nie altyd onmiddellik by ’n waterlek of gebarste pyp kan uitkom nie, en dat die werk soms na-ure gedoen moet word.

“Astonbaai se waterinfrastruktuur is rede-lik verouderd, wat daartoe bydra dat sodra een bars reggemaak is, ander barste op dieselfde lyn kan ontstaan weens die verande-rende druk binne die pype. Ons probeer dit sover moontlik vermy, maar dit is ongelukkig nie altyd haalbaar nie.

“Ons is bewus van die klagtes dat areas wat opgegrawe word of plaveisel wat uitgehaal is nie dadelik weer toegegooi of teruggesit word nie. Dit is gewoonlik moeilik om dit dadelik te doen omdat die area rondom die werkplek baie nat is. Dit is egter belangrik dat perso-neel terugkeer en hierdie werk voltooi. Indien dit nie so gebeur nie, vra ons dat dit by die munisipaliteit se Link-toep aangemeld word.

Die munisipaliteit is besig om nuwe maatreels in plek te stel wat dit makliker sal maak om te monitor dat werk wel deeglik afgehandel word.”

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 939 votes
No! It's time to move on ...
33% - 456 votes
Vote
Rand - Dollar
18.81
+1.1%
Rand - Pound
23.51
+1.2%
Rand - Euro
20.12
+1.4%
Rand - Aus dollar
12.29
+0.9%
Rand - Yen
0.12
+2.4%
Platinum
922.90
-0.3%
Palladium
961.50
-2.9%
Gold
2,340.13
+0.3%
Silver
27.31
-0.5%
Brent-ruolie
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE