Deel

Honde-aanval slagoffer herstel goed

akkreditasie

“EK leef ’n lewe van dankbaarheid,” sê ’n emosionele Elmi Brink, honde-aanval slagoffer.

Dié fyngeboude en saggeaarde eienares van Body Stress Release (BSR) in Jeffreysbaai moes honderde steke kry nadat twee pitboele haar op Maandag, 6 Augustus omstreeks 10:30 in Kabeljousstraat aangeval het.

Die honde het haar arms verskeur en haar aan die kop gebyt.

Brink, wat vir ’n paar dae in die hospitaal was, moes verskeie operasies ondergaan om die ligamente en spiere in haar regterarm te heg.

“Daar was aanvanklik gevrees dat ek die gevoel in twee van my vingers sal verloor, maar dit was gelukkig ongegrond,” sê Brink.

Brink, een van vier mense wat beseer is toe die twee honde uit hul erf gekom het, vertel: “Ek en BSR-kliënt Elmarie Malan, het ’n vreeslike geskreeu gehoor en dadelik besef hier is moeilikheid: ’n bejaarde vrou, Ina Jonker, is deur twee pitboele aangeval. Haar bebloede miniatuur Yorkshire Terrier het erg bebloed langs haar gelê, terwyl haar ander miniatuur Yorkshire Terrier beangs rondhardloop het.”

Sonder om te huiwer, het die twee vroue nadergehardloop om te help. “Dit was òf iemand se lewe probeer red, òf kyk hoe sy verskeur word,” sê Brink.

“Ek het die een hond natgegooi - iets wat ek by my honde-afrigter geleer het. Hy het een tree agteruit gegee, en toe vir my gekom.

Die honde het my aan die regterarm gegryp en begin ruk . . . en ruk . . . sonder ophou. In ’n later stadium het een van die honde my regterarm gelos en my van agter bestorm en my linkerarm gegryp. Saam was hulle te sterk vir my en het my op die gras neerge-trek.

“Dit was die eerste keer wat my vegterslus gewyk het. Ek het gevoel dat ek maar kan opgee; hulle het gewen.”

Toe tree Evan Drennan, ’n buurman, tot die stryd toe.

“Die honde het my gelos en hom binne sekondes platgetrek. Dit het soos ’n slagveld gelyk: ek, Jonker en Drennan het bebloed op die gras gelê.”

Nie gereed om moed op te gee nie, het Brink weereens ingestorm en die honde van Drennan probeer verwilder - met net een gedagte: hulle kan hom nie verskeur nie.

Hulle het Brink weer aangeval.

Volgens Brink kon sy uit die hoek van haar oog sien nog twee mans aangehardloop kom; een gewapen met ’n stok.

Duiselig en aan die einde van haar kragte, het sy voetjie-vir-voetjie skuiling agter die hoë heining van die huis langs haar erf gaan soek.

Terwyl sy daar in erge pyn gelê het, het een van die honde probeer inkom.

“Ek kon vaagweg hoor hoe mense probeer om die honde weg te jaag,” sê sy.

Drennan se vrou, Margaret, wie se Duitse Herdershond weke vantevore deur dieselfde twee pitboele aangeval is, het Brink en haar man dokter toe gevat. Brink is vandaar per ambulans na Greenacres Hospitaal in Port Elizabeth geneem.

Brink sê haar regterarm is erg beskadig. “Diep stukke vleis is uitgeskeur en plek-plek kon mens die been sien. Van die ligamente en spiere is ook beskadig. My linkerarm is verder beskadig en ek moes verskeie steke aan die linkerkant van my kop en agter my linkeroor kry.

“Daar is ook minder ernstige bytplekke aan my skouers, rug en bo-arms, asook skrape aan my ore, nek en linkerenkel.

“Al my wonde genees baie goed,” sê Brink. “Dit behoort nagenoeg ses tot agt weke te neem voor ek weer albei my arms en regterhand kan gebruik. Intussen sal ’n gekwalifi-seerde BSR-praktisyn my praktyk tydelik oorneem.

“Ek kry nog fisioterapie en berading, maar ek is dankbaar dat ek leef. Ek is ook oneindig dankbaar vir al die ontferming en liefde van so baie mense, bekend en onbekend, na die aanval.”

Die eienaar van die pitboele het dieselfde dag die twee honde aan die Humansdorp Die-rebeskermingsvereniging (DBV) oorgeteken. Hulle is op die eienaar se instruksies van kant gemaak.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
19.11
+0.4%
Rand - Pond
23.80
-0.4%
Rand - Euro
20.46
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.40
-0.2%
Rand - Jen
0.12
+0.4%
Platinum
920.40
-1.1%
Palladium
1,026.50
+1.1%
Goud
2,322.61
-0.2%
Silwer
27.34
+0.6%
Brent-ruolie
87.00
-0.3%
Top-40
68,051
+0.8%
Alle aandele
74,011
+0.6%
Hulpbronne 10
59,613
-2.2%
Industriële 25
102,806
+1.7%
Finansiële 15
15,897
+1.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos