Share

Honde van kant gemaak ná aanval

DIE twee pitbulls wat ’n 67-jarige vrou en haar twee honde in Jeffreysbaai aangeval het, sal van kant gemaak word.

Die vrou is een van drie mense wat ernstig beseer is nadat die honde Maandagoggend uit ’n erf gekom het.

Benewens die vrou se ernstige beserings, is een van haar twee honde ook deur die honde verskeur.

Na verneem word het die honde glo oor ’n grensheining gespring en reguit op die vrou en haar honde afgepyl.

Sers. Majola Nkohli, ’n polisiewoordvoerder, sê die vrou het in Kabeljousweg gestap toe sy aangeval is.

Twee mense wat die voorval gesien het, het die vrou te hulp gesnel. Die twee mense is blykbaar ook deur die honde beseer.

Nkohli sê al drie die mense is vir behandeling na ’n hospitaal geneem en die Dierebeskermingsvereniging (DBV) se hulp is ingeroep.

Natasha Barnard, voorsitter van Humansdorp se DBV, sê die beseerde vrou se een yorkshireterriër is op die toneel dood. Die tweede hondjie het weggehardloop en is later weer teruggevind.

Volgens Barnard het die eienaar van die pitboele reeds Maandag die twee honde aan die DBV oorgeteken en hulle sal op die eienaar se instruksies van kant gemaak word.

’n Saak van die oortreding van die Wysigingswet op Diere-aangeleenthede, ’n ondersoek wat bepaal of nalatigheid daartoe gelei het dat die diere beserings aan ’n ander persoon veroorsaak het, word deur die polisie ondersoek, sê Nkohli.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 1024 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 1087 votes
Vote
Rand - Dollar
19.21
-0.5%
Rand - Pound
23.95
-0.7%
Rand - Euro
20.56
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.48
-0.7%
Rand - Yen
0.12
-0.2%
Platinum
912.40
-0.8%
Palladium
1,005.00
-2.1%
Gold
2,314.58
-0.3%
Silver
27.17
-0.5%
Brent Crude
88.42
+1.6%
Top 40
68,574
+0.8%
All Share
74,514
+0.7%
Resource 10
60,444
+1.4%
Industrial 25
104,013
+1.2%
Financial 15
15,837
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE