Deel

Internasionale eer vir Netwerk24 en Die Burger Oos-Kaap

akkreditasie

NETWERK24 en Die Burger Oos-Kaap is finaliste vir die gesogte Global Media Awards van die International News Media Association (Inma) wat in Mei in New York toegeken word.

In die kategorie vir die beste nuwe konsep of vernuwing om nuwe winsbronne te skep, is Netwerk24 benoem in die groep vir globale en nasionale handelsmerke.

Die Burger Oos-Kaap is ’n finalis in die kategorie vir beste nuwe drukmedia-produk in die groep vir streek- en plaaslike handelsname vir die Vrydag-uitgawe wat in Julie 2018 bekend gestel is.

Beoordelaars van 15 lande het die 194 finaliste uit 664 inskrywings van oor die wêreld heen gekies. Bekende finaliste sluit in die The New York Times, The Wall Street Journal, Bloomberg en Guardian News and Media in Brittanje.

In sy INMA-kategorie ding Die Burger Oos-Kaap mee met produkte van Diario Los Andes in Argentinië, die Hindustan Times Media in Indië, Newsday Media Group in die VSA en Singapore Press Holdings in Singapoer.

Toe daar verlede jaar besluit is om Die Burger Oos-Kaap se frekwensie te verander sodat dit net op Vrydae in druk verskyn, aangevul deur aanlyn weergawes op Netwerk24 van Maandag tot Donderdag, is dit gedoen met die besef dat lesers nie ontneem mag word van gehaltejoernalistiek in hul hartstaal nie.

Daarom is die Vrydag-uitgawe uitgebou tot ’n volwaardige naweekkoerant met ’n stewige nuwe bylae, Naweek. Dít is gekoppel aan ’n waarde-aanbod op Netwerk24.

Byna 90% van die oorspronklike koerantintekenare het besluit om die naweekkoerant te ontvang en rondom 40% het boonop die digitale opsie ook gekies.

Dit kom neer op ’n suksesvolle aanlyn migrasie van ’n ouer gehoor, waarvan meer as 70% ouer as 65 jaar is. Die koerant het voorts 67% van sy advertensie-inkomste behou en verkope van die Vrydag-uitgawe het ook met 27% toegeneem.

Willem Jordaan, redakteur van Die Burger het gesê dié pluimpie herinner hom aan twee dinge. “Eerstens het ons in ons vreugde oor dié saak nie vergeet van die ontwrigting en verlies wat met die frekwensieverandering gepaardgaan nie.

“Die belewenis van pyn en verlies wou ons nie probeer wegpraat of wegredeneer nie – dit sou disrespekvol wees teenoor lesers van wie ons dekades se steun geniet.

Wat ons wel kon doen, was om te belowe om ons energie te stort in ons nuwe, versterkte Vrydag-uitgawe en dat aanhangers van die papierproduk inderdaad die gehalte kry wat ons belowe het. Ook moes ons die oorbrugging na Netwerk24 so maklik as moontlik maak met ’n stewige waarde-aanbod.

“Tweedens: Dat Die Burger en Netwerk24 nou in die finale INMA-ronde met swaargewig internasionale publikasies meeding, sê ons is op die regte koers.

“Dankie dus aan elke leser en adverteerder wat ons ondersteun het. Bly asseblief by ons in ons strewe om ’n volhoubare toekoms vir gehaltejoernalistiek in Afrikaans te bou,” het Jordaan gesê.

Netwerk24

Netwerk24 se benoeming as finalis spruit uit die digitale migrasie waarmee 11 Afrikaanse tydskrifte se inhoud agter die nuusblad se betaalmuur geplaas is. Sedert Januarie 2018 het Netwerk24 se getal aanlyn intekenare met 54% toegeneem tot meer as 45 000 tans.

Intekenare van die papieruitgawes van Beeld, Die Burger en Volksblad kry ook toegang tot Netwerk24 en 14 000 van hulle het hul toegang geaktiveer. Dit bring Netwerk24 se getal aktiewe intekenare op meer as 60 000 te staan.

Henriëtte Loubser, hoofredakteur van Netwerk24, sê: “ Netwerk24 se heel belangrikste doelwit is om ’n digitale toekoms vir goeiegehalte-joernalistiek in Afrikaans te skep”.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
besig om te laai... Regstreeks
Dolphins 0
Warriors RSA 0
besig om te laai... Regstreeks
Pakistan 0
New Zealand 122/2
Rand - Dollar
19.06
+0.8%
Rand - Pond
23.80
+0.6%
Rand - Euro
20.41
+0.7%
Rand - Aus dollar
12.39
+0.8%
Rand - Jen
0.12
+0.9%
Platinum
922.60
+1.1%
Palladium
982.50
-2.2%
Goud
2,334.10
+0.8%
Silwer
27.33
+0.6%
Brent-ruolie
88.02
-0.5%
Top-40
68,437
-0.2%
Alle aandele
74,329
-0.3%
Hulpbronne 10
62,119
+2.8%
Industriële 25
102,531
-1.4%
Finansiële 15
15,802
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos