Share

Jeffreysbaai: Dorp van die Jaar vol woelinge

TE oordeel aan sosiale kommentaar is dit duidelik dat nie almal altyd gelukkig is in Kwêla se Dorp van die Jaar nie.

Te midde van die skoonheid van die see, allerlei kuier- en eetplekke en besige sosiale lewe vir sommige, word misdaad en a-sosiale optrede nie minder nie, en voel baie inwoners dat hulle maar voortdurend oor hul skouers moet kyk, omdat die rustigheid van vroeër nie meer bestaan nie.

In die afgelope tyd was die gewone pyne nie uitgesluit nie.

  • Honde-probleem neem toe. Nadat verskeie mense onlangs in ’n aanval deur aggressiewe honde beseer en ’n kleiner hondjie doodgebyt is, is ’n hardloper verlede week deur ’n hond in Sandpiperstraat bestorm. Die dier het eers twee ouer mense bedreig voordat dit die drawwer probeer byt het.

Die eienaar van die hond het dit uit die straat verwyder, en toe hy later weer dieselfde gedrag toon, het die hardloper ’n klip na hom gegooi. Hierop het ’n woordewisseling met die eienaar ontstaan en toe die eienaar gedreig is dat ’n klagte gelê sal word, het hy die man gevloek.

Die hond se eienaar is later op sosiale media geïdentifiseer, maar die drawwer het intussen ’n brief aan die munisipaliteit geskryf en wou nie verder kommentaar lewer nie. Verskeie nommers by die munisipaliteit was nie beskikbaar vir kommentaar oor regulasies in dié verband nie

  • Nog ’n trap- en verdwyn-ongeluk het hierdie week in Jeffreysbaai plaasgevind. Byna ’n honderd ontstoke mense het gereageer op Cindy Smit se trauma nadat ’n motoris ’n lamppaal en stopteken uit die aarde gery en skynbaar van die toneel verdwyn het.

Die klaagster se trampolien en twee pale het ewe sleg daarvan afgekom. Sy moes na die ongeluk stukke plastiek en glas op haar gras-perk verwyder. Die motoris se nommerplaat het op die toneel agtergebly. Hy het later gekom en verduidelik dat hy niks van die onge-luk onthou nie, maar dat vriende hom kom wys het waar die bakkie in ’n sloot lê.

Hy het onderneem om die skade te vergoed. In dieselfde verband wys Elmarie Erasmus daarop dat ’n stopteken onlangs om 02:00 uit sy fondamente gery is. Die voertuig is vinnig verwyder, geen haan het daarna gekraai nie en die stopteken is steeds nie vervang nie.

  • ’n Onopgeloste inbraak wat in die nywerheidsgebied plaasgevind het, waartydens ’n skootrekenaar en selfoon gesteel is, veroorsaak vir die eienares groot probleme. ’n Groot deel van haar persoonlike en sakebelange is deel van die rekenaar-inhoud. Sy wys daarop die saak die oggend om 04:30 gerapporteer is en dat dit toe reeds die vierde dossier vir die dag was.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 399 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 563 votes
Vote
Rand - Dollar
18.94
-0.2%
Rand - Pound
23.91
-0.1%
Rand - Euro
20.43
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.34
+0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.2%
Platinum
910.50
+1.5%
Palladium
1,011.50
+1.0%
Gold
2,221.35
+1.2%
Silver
24.87
+0.9%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,346
+1.0%
All Share
74,536
+0.8%
Resource 10
57,251
+2.8%
Industrial 25
103,936
+0.6%
Financial 15
16,502
-0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE