DIE Kouga Besigheidsforum hou op Saterdag, 18 Augustus hul jaarlikse gholfdag by die Jeffreysbaai Gholfklub.
Die dag word deur IGEN geborg.
Die formaat is Individuele Stableford.
Groot pryse is op die spel: ope-afdeling, dames-afdeling, naaste-aan-die-pen en gelukkige trekkings.
Die inskrywingsfooi is R160 per speler.
Vir besprekings, kontak die gholfklub by 042 293 2532.