Share

Kom wys skietvernuf in die Langkloof

DIE appels gaan eersdaags behoorlik in die Langkloof swaai - of eerder val.

Elke eerste naweek van September kom skiet-entoesiaste van reg-oor die Oos- en Wes-Kaap op die plaas Tulpies-kraal in Joubertina bymekaar om mekaar die stryd aan te sê, tydens die Langkloof Skietklub se Appelskiet-kompetisie. Vanjaar is geen uitsondering nie.

Dié kompetisie is een van die grootste geleenthede wat hulle as klub aanbied en lok mense van George, Humansdorp, Port Elizabeth, Oudtshoorn en omliggende gebiede.

Dié kompetisie is ’n lekker dag vir die hele gesin. Terwyl die ernstige skuts met groot kaliber-gewere skiet, word die kinders bygestaan om met die .22 te skiet. Die kleiduif-skiet is ’n groot treffer onder die vroulike geslag, en moenie dink dat hulle vir ’n haelgeweer skrik nie.

Daar sal ses verskillende bane wees en vyf skote per baan sal toegelaat word.

Daar word onder meer op die volgende aangelê: ’n Appel op ’n riet, teikens met diere op soos hulle in die natuur voorkom, valplate, ’n vlakvark wat op ’n kabel beweeg en ’n springbok met ballonne.

Wat die verskillende bane interessant maak, is dat niemand die afstande van die teikens ken nie en niemand mag die afstande met ’n “range finder” bepaal nie. Al die teikens word op ’n afstand van tussen 30m en 300m geplaas.

Pryse sal in die volgende kategorieë toegeken word: junior (16 jaar en jonger), dames, senior (60 jaar en ouer) en ope.

Die Langkloof Appelskiet-kompetisie vind op 1 September vanaf 07:30 by die Langkloof Skietbaan net buite Joubertina plaas. Die inskrywingsgeld is R250 per persoon.

Vir inligting, skakel Bokkie Kritzinger by 083 444 2365, Johan Muller by 079 517 6908, Wicus Linde by 082 776 3486 of Renhard Oelofsen by 082 456 0260.

Stuur ’n epos na skietklub@langkloof.net.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 942 votes
No! It's time to move on ...
33% - 460 votes
Vote
Rand - Dollar
18.80
+1.1%
Rand - Pound
23.50
+1.3%
Rand - Euro
20.11
+1.4%
Rand - Aus dollar
12.29
+0.9%
Rand - Yen
0.12
+2.5%
Platinum
923.70
-0.2%
Palladium
960.00
-3.1%
Gold
2,339.33
+0.3%
Silver
27.21
-0.8%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE