Share

Kouga kry nóg windplase

NÓG drie windplase word vir die Kouga-omgewing beplan as deel van die Impofu-projek, wat windkragenergie van 400 MW sal kan opwek.

Red Cap Energy, wat kantore in Kaapstad en Port Elizabeth het en ten volle deur Suid-Afrikaners besit word, is besig met die ontwikkeling en ontwerp van die projek.

Lance Blaine, Red Cap se besturende direkteur, sê hulle het weer die Kouga-gebied gekies omdat dit van die geskikste plekke is om windkragenergie op te wek vanweë die skoon lug wat van die see af inkom, die goeie gemiddelde windspoed en die omgewing.

Die maatskappy het ook die bestaande Kouga-windplaas (80 MW) en Gibsonbaai-windplaas (111 MW) ontwikkel.

Die Impofu-projek gaan die laaste geskikte grond vir windplase opneem.

Lance het aan Sake gesê die projek sal die beplande drie windplase koppel met die bestaande Kouga-windplaas by Thyspunt en die Gibsonbaai-windplaas. Hy verwag dat 120 windturbines, 40 per windplaas, opgerig sal word.

Die projek is nog in die ontwikkelingsfase en nog baie water moet in die see loop voordat die beplande bouwerk teen 2020 sal begin. As alles volgens plan verloop, kan die windplase teen 2022 krag opwek.

“Ons verwag dat 400 MW se energie opgewek sal word, maar dit sal afhang van die tegnologie wat beskikbaar sal wees teen die tyd wat die turbines opgerig word.”

Lance sê dit kos ongeveer R2 miljard om net een windplaas op te rig en sowat R30 miljoen vir elke turbine.

Die beplande windplase word in vennootskap met die Italiaanse groenkragmaatskappy Enel Green Power ontwikkel.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
31% - 483 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
69% - 1072 votes
Vote
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent Crude
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE