Share

Kouga-streek kry sy eie wedvlugfederasie

HIER is die nuus waarop wedvlugentoesiaste lankal wag: vir die eerste keer in die ge-skiedenis het die Kouga-streek toestemming gekry om sy eie wedvlugfederasie te bedryf.

Vir telers en liefhebbers van die sport was dit vroeër baie moeilik om suksesvol teen hul eweknieë in Port Elizabeth, Despatch en Uitenhage mee te ding. Omdat die duiwe met elke vlug oor die Baai vlieg, kon telers van die Kouga-streek nie ´n suksesvolle posisie teen daardie federasie bekom nie, aangesien Kouga laaste op die vlugroete was.

Om hierdie rede het afgetrede telers eerder Mosselbaai en omgewing as woonplek verkies om voort te gaan met hul stokperdje. Die prys van goeie wedvlugduiwe was ook ´n faktor, want die sport het mettertyd groter besigheidstatus bekom. Die rekordprys van R5 miljoen wat vroeër deur twee Suid-Afrikaners vir n kampioenduif betaal het, is nie baie lank daarna nie verbeter toe ´n enkele duif vir R7 miljoen verkoop is.

Die nuutgestigte Gamtoos-federasie bestaan uit die Kouga-duiweklub van Jeffreysbaai, Jeffreysbaai se spesialisteklub en Humansdorp se duiweklub. Dit was noodsaaklik om hierdie groepe in ’n enkele federasie saam te voeg, omdat telers van die area so ver soos Thornhill, Patensie, Hankey, St Francis, Humansdorp en Jeffreysbaai versprei is.

Die behoefte is onder oë geneem, en Re- nier Lee het in Februarie, verlede jaar die onderskeie klubs genader en daarna vir die SA Duiwe-unie. Daarna moes ook die Oostelike Provinsie Posduifunie toestem tot die stigting van n vierde federasie.

Noudat die laaste hekkie oorgesteek is, kan die Gamtoos-federasie hulle eie uitslae opstel en die streek se wenners self kroon. Toerusting moet aangekoop word, en daarom het die federasie ´n bekendstellingsfunksie vir Maart gereël. Die groep is op soek na borgskappe vir die 19 wedvlugte wat vanjaar plaasvind, en wil ook poog om die munisipaliteit by hul planne te betrek.

Lee wys daarop dat dit ´n gesinsport is en dat die federasie daarom jongmense aanmoedig om deel daarvan te word. So word hulle positief gevorm en teen verkeerde invloede beskerm. Om hierdie rede kan skoolhoofde hom skakel vir ´n kort demonstrasie.

Lede van die publiek wat belangstel of meer van die Gamtoon-federasie wil weet, is welkom om hom by 082 600 8647 te kontak.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 441 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 630 votes
Vote
Rand - Dollar
18.94
-0.0%
Rand - Pound
23.90
-0.0%
Rand - Euro
20.41
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.32
+0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.0%
Platinum
908.05
+1.2%
Palladium
1,014.94
+1.3%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE