Share

Leerders leer vroeg kodering, robotika

LEGO blokkies is vir kleingoed, reg?

Toe nie.

Graad 1 tot 7-leerders van die Laerskool Stulting in Humansdorp het sedert die begin van die jaar uitgevind die regte soort Lego-blokkies, basiese onderdele en rekenaarprogrammering kan baie interessante resultate tot gevolg hê: ’n slak wat loop, ’n motor wat ry en selfs ’n voël wat in die rondte draai en fluit.

Die projek, wat deel van die skool se kurrikulum vorm, span kodering en robotika in om wetenskap, tegnologie, ingenieurswese, kuns en wiskunde (STEAM) vir leerders pret te maak - die tweede skool in die Oos-Kaap om dít as ’n vak aan te bied.

“Anders as wat mense gewoonlik dink, is kodering en robotika nie net vir die slim leerders nie, maar dit gaan eintllik veel meer oor logiese denke,” sê skoolhoof Cornelius Coetzer.

“Dit ontwikkel boonop probleem-oplossingsvaardighede by kinders en leer hulle hoe om in ’n span saam te werk: vaardighede wat broodno-dig gaan wees vir die toekoms.”

Volgens Coetzer behels kodering die programmering van ’n rekenaar deur verskeie instruksies (algoritmes) te ontwerp om by ’n oplossing van ’n probleem uit te kom.

Dié instruksies moet dan deur ’n robot, gebou met Lego-blokkies, deur leerders, uitgevoer word - robotika.

Volgens kodering en robotika-onderwyser Tiaan Müller, word leerders in spanne van drie opgedeel: bouer, programmeerder en bestuurder. Elke leerder kry die kans om een van die drie ‘poste’ te beklee. Dieselfde les word dus drie keer aangebied en dit neem elf weke om deur vier lesse te werk.

Hoe ouer en meer gevorderd die leerders, hoe vinniger gaan die lesse.

“Leerders moet so akkuraat moontlik werk,” sê hy. “Boonop moet spanmaats leer om goed te kommunikeer en saam te werk sodat hul robot wérk.

“Die finale toets is dat die robot - hetsy dit ’n karretjie of slak is - beweeg.”

Die skool gebruik tans die Lego WeDo2-robot vir graad 1 tot 3-leerders. Soos leerders vorder, sal die Lego EV3-robot vir graad 4 tot 7-leerders ingespan word.

Die grootste uitdaging?

“Daar is tans nie ’n kodering en robotika kurrikulum wat vir Suid-Afrikaanse skole geskik is nie,” sê Müller. “Ons bou dus kwartaaliks aan ons eie kurrikulum.”

Die begin

Coetzer vertel: “Beplanning en navorsing om die beste robotte aan te koop, het reeds vroeg in 2018 begin.

  • “Di

“Hulle het fondse hiervoor bewillig, en kodering en robotika laat realiseer.”

Vanaf 2020 sal die Robotics@Stultingklub aan alle Kouga-leerders oopgestel word.

  • Die skool gaan op 27 April ’n kodering en robotika-uitstalling by Fountains Mall hou.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 492 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 522 votes
Vote
Rand - Dollar
19.11
+0.4%
Rand - Pound
23.80
-0.4%
Rand - Euro
20.46
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.40
-0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
920.40
-1.1%
Palladium
1,026.50
+1.1%
Gold
2,322.61
-0.2%
Silver
27.34
+0.6%
Brent Crude
87.00
-0.3%
Top 40
68,051
+0.8%
All Share
74,011
+0.6%
Resource 10
59,613
-2.2%
Industrial 25
102,806
+1.7%
Financial 15
15,897
+1.8%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE