DIE gewilde vermaaklikheidster, Snotkop, sal skare se voete laat jeuk en hul hande vuurvarm laat klap wanneer hy by vanjaar se Agrimark Nartjiefees optree.
Vanjaar sal almal wat dié uiters gewilde gesinsfees op 29 September bywoon, oudergewoonte van SA se topkunstenaars sien optree. Ander kunstenaars wat by die 20ste Nartjiefees gaan optree, is Juanita du Plessis, Jak de Priester, Die Campbells, Jennifer Zaudio, Adam Tas, Sonja Herholdt en Dillon Lerm.
Benewens die kos- en kunsmarkstalletjies wat besoek kan word, word die gewilde Mej. Nartjiefeeskompetisie en Mnr. Nartjiepit aangebied. Kunsmarkstalletjies teen R300 elk is nog beskikbaar.
Die groot “Nartjie-eetkompetisie” gaan soos gewoonlik vir groot pret sorg.
Die toegangsgeld is R120 vir volwassenes en R50 vir laerskoolkinders.
Vir meer inligting, skakel die Nartjiefeeskantoor by 042 287 0634 of 082 318 6827. Stuur ’n epos na ngkerkloerie@lantic.net of besoek www.nartjiefees.co.za.