LOLLOS en Lettie kom vier hulle 10de bestaansjaar by die Kia Makietie
Jeffreysbaai volgende naweek.
Die gewilde karakters tree Saterdag, 22 September, om 10vm by die makietie op.
Hul op-en-wakker vertoning, “Lollos en Lettie: 10 jaar
basaar”, is ‘n te-rugskou op al die grootste Lollos-treffers en stories.
Die gehoor kan uitsien na groot gunstelinge soos “Die Krokodille”, “Die Paddakonsert”, “Spring op!”, “Die Kiem” en vele meer.
“Oud en jonk sal saam wil sing en dans,” belowe Leilani Coetsee, hoof organiseerder van die fees.
Naas die vertoning, sal daar ook Fun4U pretritte en ‘n speelarea vir kinders by die makietie wees.
“Jeffreysbaai is ‘n familie dorp en ons wil graag hê dat almal lekker saam moet kan kuier. Die makietie sal dus voorsiening maak vir alle ouderdomsgroepe,” sê sy.
“Graag nooi ons almal om Jeffreysbaai se oorwinning in die Kwêla Dorp van die Jaar-kompetisie te kom vier.”
Die makietie vind plaas vanaf 21 tot 23 September by die Jeffreysbaai Karavaanpark in Da Gamaweg.