Share

Mak dief eindig met niks

’n Mak dief se plan om ’n vinnige geldjie te maak, is verlede Woensdag in die middedorp van Jeffreysbaai in die wiele gery toe hy met ’n waardelose hand vol geld weggekom het.

Pat Vosloo, sekretaresse van Astonbaai-Inwoners en Belastingbetalersvereniging, was ooggetuie toe die man in die parkeerarea skuins agter Standard Bank toegeslaan het. Sy vertel dat sy ongemaklik gevoel het toe sy voor First Choice wou parkeer en ’n verdagte man oor die parkeerruimte sien loop het. Hy het aanhoudend in haar rigting gekyk, maar toe sy in die motor bly sit, het hy op Ou Mutual-gebou se stoep gaan staan.

Toe hy by ’n winkel instap, het sy vinnig by die First Choice-kiosk ingeglip. Sy het vir die kassier gevra om saam met haar te stap, omdat sy onrustig gevoel het. Toe sy na haar motor terugkeer na nog ’n inkopie, merk sy dat die man steeds in die omtrek beweeg en elke klant dophou. Sy het kwalik haar motor bereik toe die grypdief toeslaan op ’n ouerige man wat by sy oop motordeur met geld in sy hand met ’n dame staan en gesels.

Toe Vosloo gil, het die karwag en die kassier die man agternagesit, maar hy het ’n mes uitgepluk, wat die karwag in die skermutseling uit sy hande gegryp het. Die dief was egter te vin-nig en het weggekom. Niemand is beseer nie, maar die skelm het eindelik niks van waarde oorgehou nie, want toe hy die geld gryp, het die ouer man dit so styf vasgehou, dat die note in twee geskeur het. Die misdadiger het toe met net die afgeskeurde helftes van die note gevlug.

’n Indiër-sakeman in dieselfde area sê hy herken die skelm se gesig en weet dat hy onlangs uit die tronk vrygelaat is.

Vosloo vra dat lede van die publiek te alle tye paraat en versigtig moet wees, omdat skurke oral op hulle kan toeslaan.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 530 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 553 votes
Vote
Rand - Dollar
19.10
+0.1%
Rand - Pound
23.79
+0.0%
Rand - Euro
20.45
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.45
-0.4%
Rand - Yen
0.12
+0.1%
Platinum
924.30
+0.5%
Palladium
1,032.00
+0.6%
Gold
2,328.54
+0.3%
Silver
27.46
+0.6%
Brent-ruolie
88.42
+1.6%
Top 40
68,051
+0.8%
All Share
74,011
+0.6%
Resource 10
59,613
-2.2%
Industrial 25
102,806
+1.7%
Financial 15
15,897
+1.8%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE