NG Kerk hou lofsange

DEEL in ’n aand van lof en aanbidding op 31 Augustus om 18:00 by die NG Kerk by Louis Bothasingel 77 in Somerstrand, Port Elizabeth.

Die aand word deur die Cantando@Algoa-koor in samewerking met die Veremark-orrelvereniging aangebied, ter viering van die kerkorrel van die Somerstrand-gemeente.

Jubelende gemeente- en koorsang - ook massakoor - word verryk deur die besondere orrel, saam met trompet- en fluitspel.

Kore sluit in Cantando@Algoa-koor onder leiding van Bouwer van Rooyen, Hemiola-Kamerkoor onder leiding van Rochelle Oelofse en Cantatori-Mannekoor onder leiding van Ansie Kotzé. Die Jubelkoor Jeffreysbaai vorm deel van die massakoor.

Orreliste sluit in Albert Troskie, Bouwer en Marilise van Rooyen en Rina Ras.