Share

Noorsekloofweg kry spoedwalle

KOUGA se burgemeester het die potensiële doodsdraai in Noorsekloofweg na ‘n jaar se gesloer Vrydag die hoof gebied en spoedwalle belowe om die jaery te stop.

Dit volg nadat die hoekhuis van die Klerck-gesin die vorige naweek ‘n vierde ongeluk sedert 2016 moes trotseer.

Die pad kry binnekort twee spoedwalle om spoedvrate, onverskillige bestuurders en dronkdrywers te laat remme aanslaan voordat soortgelyke voorvalle ‘n lewe eis.

‘n Witlyn is reeds aangebring, en “katoë” volg om die effe draai aan die bokant van die pad aan te dui.

Die Kouga Express het verlede week berig hoe Michelle en Wayne Klerck op die hoek van Noorsekloof- en Seetuinweg al finansiëel en emosioneel deurgeloop het, sedert die vierde voertuig in hul erf ingeploeg het. Die grensmuur en hek het in die slag gebly. ‘n Vorige keer is die motorhuis erg beskadig. Slegs ‘n week later moes Michelle om 00:45 op sosiale media die jaagduiwels weer aanpraat.

Die vorige jaar het die Klercks aansoek om spoedwalle in Noorsekloofweg by die Kouga Munisipaliteit gedoen. Dit is weens ‘n tekort aan befondsing en ‘ongegronde’ regulasies gekortwiek.

Dreunstawe is wel aangebring, maar dit het geen invloed gehad nie. Die egpaar het self weerkaatsstroke en waarskuwingsligte aangebring om motoriste te waarsku. Maar helaas . . .

Die nuutste ongeluk het die Klercks genoop om ‘n petisie op te stel wat wyd ondersteun is.

Vrydag het Kouga-burgemeester Horatio Hendricks self opgedaag net toe sake by betrokke partye begin stram raak, want Eddie Oosthuizen van Direktoraat Infrastruktuur en Ingenieurswese het by die ongelukstoneel glo gesê hy kan hulle nie help nie.

Michelle was so onthuts na al die trauma dat sy voorgestel het dat hy self as spoedwal in die pad moet gaan lê.

Die eerste burger het sake beredder: “Elke 24 uur wat ons mors, is 24 uur waarin iemand hul lewe kan verloor.”

Volgens Hendricks is dit `n onaanvaarbare situasie dat dit so lank vat om aan die Klercks se pleidooi gehoor te gee. “Elke sekonde wat ek hier staan, vrees ek vir my lewe. Mens wonder of iemand ons gaan platry”, is sy reaksie op bestuurders wat in Noorsekloof jaag.

Volgens hom is daar geen verkeerswet wat die munisipaliteit daarvan weerhou om spoedwalle te laat aanbring nie. “Dit gaan nie oor die wet nie, maar oor die beskerming van mense. Dit moes nie vier ongelukke gevat het voor iets daadwerklik gedoen word nie.’’

Inwoners het hul mening luid op sosiale media gelig, en die burgemeester het hom goed van sy taak gekwyt.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 397 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 560 votes
Vote
Rand - Dollar
18.94
-0.2%
Rand - Pound
23.91
-0.1%
Rand - Euro
20.43
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.34
+0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.2%
Platinum
910.50
+1.5%
Palladium
1,011.50
+1.0%
Gold
2,221.35
+1.2%
Silver
24.87
+0.9%
Brent-ruolie
86.09
-0.2%
Top 40
68,346
+1.0%
All Share
74,536
+0.8%
Resource 10
57,251
+2.8%
Industrial 25
103,936
+0.6%
Financial 15
16,502
-0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE