Share

Ocean View-huis brand af dae voor troue

SKAARS twee weke voor die groot dag van ’n verloofde paartjie van Ocean View, Jeffreysbaai, het hulle alles in ‘n verwoestende brand verloor - trouskoene en -klere ingesluit.

Al wat behoue gebly het, is hul trouringe.

Maar van in sak en as sit en die troue uitstel, was daar nie sprake nie.

Daarvoor is Abigail Visagie (32) en Ruben Ruiters (30), wie se huis op Dinsdag, 31 Augustus omstreeks 11:00 in ’n brand verwoes is, te lief vir mekaar.

Abigail vertel: “Ek was besig om my trourok aan te pas, toe ek die oproep ontvang: daar is ’n brand en ons moet dadelik huis toe kom.

“Daar aangekom, was dit net rook en vlamme. Ons was te laat. Ons het alles verloor: ons huis, meubels, klere . . . alles. Selfs Ruben se troupak en -skoene, en ons seun, Lej’zayne (7) se trouskoene was nie gespaar nie.

“Al wat die vuur vrygespring het, was ons twee se trouringe - mooi weggebêre in ’n houtkassie, wat nou heeltemal verbrand was. Maar my ring het niks oorgekom nie, terwyl Ruben se ring weens die vreeslike hitte effens verkleur het. Maar ’n juwelier kon dit regmaak.”

Dié terugslag het egter nie die verliefde paartjie van 14 jaar, daarvan weerhou om op 11 Augustus te trou nie. Al beteken dit hulle kon nie meer die troue van hul drome hê nie.

“Die ringe was ’n teken: ons moet trou ongeag wat gebeur het. Ons kan net vorentoe kyk,” sê Abigail.

Groot was hul verbasing en dankbaarheid toe bekendes en onbekendes ’n helpende hand uitsteek - van kruideniersware tot ’n troukoek.

Híér het Eugene Adams van Pick n Pay in Jeffreysbaai ’n groot rol gespeel.

Hy het seker gemaak dat daar sap, eetgoed en ’n troukoek by die onthaal is.

Dit is ook deur Adams wat Michelle en Schreuder Venter van Bingo Royale in Jeffreysbaai van die paartjie se lot bewus geword het. Hulle het nie vir ’n oomblik geskroom om ’n R1 000-geskenkbewys en ete aan die paartjie te skenk nie.

Fountains Mall het ook ’n bydrae gelewer.

“So baie mense het ons uit hul harte geseën,” sê Abigail. “Ons kan nie genoeg dankie sê nie.”

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 303 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 636 votes
Vote
Rand - Dollar
19.23
-0.4%
Rand - Pound
23.91
-0.4%
Rand - Euro
20.47
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.33
-0.2%
Rand - Yen
0.12
-0.4%
Platinum
942.00
-0.9%
Palladium
1,007.00
-2.2%
Gold
2,373.03
-0.3%
Silver
28.15
-0.3%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
66,710
-0.7%
All Share
72,764
-0.7%
Resource 10
62,642
-1.0%
Industrial 25
97,963
-0.5%
Financial 15
15,384
-0.6%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE