Share

Omstrede Paradys Skibootklub word sentrum

DIE ‘strydwekkende’ Paradys Skibootklub in Paradysstrand net buite Jeffreysbaai trek eersdaags ’n nuwe baadjie aan.

Na jare se ontwettige gebruik, is die skibootklub-gebou tydens ’n ope tender deur die Kouga-munisipaliteit aan die plaaslike buurtwag, Paradise Watch, toegeken.

Kouga-burgemeester Horatio Hendricks sê: “Die uitsetting van die onwettige huurders wat sonder enige huurooreenkoms ’n besigheid bedryf het, is ’n ware suksesverhaal.

“Die skibootklub is al jare terug ontbind, en die gebou sal nou as ’n gemeenskapsentrum gebruik word. Dit is ’n wonderlike fasiliteit vir die Paradysstrand-gemeenskap wat voorheen nie toegang tot ‘n eie gemeenskapsaal gehad het nie.”

Volgens Paradise Watch-voorsitter, Riaan Kolesky, sal die gebou hoofsaaklik as ’n basis vir die buurtwag gebruik word.

“Paradysstrand het onlangs ’n brandwa van die munisipaliteit ontvang om met brandbestryding te help,” sê Kolesky.

“Dit, tesame met ander brandbestrydingtoerusting, sal in die gebou van die ou ski-bootklub gehuisves word.

“’n Beplande kamerastelstel, wat toegang tot die woonbuurt sal monitor, sal ook hier gehuisves word. Dié stelsel sal die opvolg van kriminele oortredings deur die buurtwag en wetstoepassers vergemaklik.

“Verder sal die huidige radiostelsel, wat tans in ’n manstoilet geberg word, na die klubgebou verskuif word.”

Kolesky beklemtoon: “Die gebou behoort heel eerste aan die gemeenskap en met hul insette sal daar besluit word waarvoor die gebou verder aangewend moet word.”

Die Paradise Watch vergader op 9 Augustus om 10:00 by die klubgebou om die toekoms daarvan te bespreek. Alle Paradysstrand-inwoners is welkom om die vergadering by te woon.

“Alles wat ons doen, is vir die gemeenskap,” sê Kolesky.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 777 votes
No! It's time to move on ...
33% - 391 votes
Vote
Rand - Dollar
18.99
+0.1%
Rand - Pound
23.77
+0.1%
Rand - Euro
20.39
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.42
-0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.8%
Platinum
926.50
+0.1%
Palladium
986.00
-0.5%
Gold
2,347.68
+0.7%
Silver
27.67
+0.9%
Brent-ruolie
89.01
+1.1%
Top 40
69,080
+0.9%
All Share
75,020
+0.9%
Resource 10
62,965
+1.4%
Industrial 25
103,671
+1.1%
Financial 15
15,843
+0.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE