Share

Passie, liefde vir wiskunde lei na privaat klasse

CARIN Ferreira (90) vee ingedagte oor haar ligbruin hare - vasgevang in ’n netjiese bolla met die grys wat plek-plek deurkruip. Haar wakker oë is styf toegeknyp, terwyl sy somme in haar kop maak . . . géén sakrekenaar vir dié wiskunde-fundi nie.

Dié oud-wiskunde en -fisiologie onderwyseres van Jeffreysbaai eet en leef haar vak. Elke dag. Selfs aan die eet-tafel. Soveel so, dat haar kinders wou weet of sy en haar oorlede man, Louw Ferreira, oor niks anders as wiskunde kan praat nie.

Ferreira - wat haar eie huishouding behartig, nog haar motor bestuur en dol is oor reis (sy het al agt bootreise onderneem) - help al die afgelope 59 jaar honderde hoërskoolleerders met ekstra klasse by haar huis. Met groot sukses.

Haar wenresep: passie, geduld en deursettingsvermoë.

Wanneer sy nie ekstra klasse gee nie, skerp sy haar kennis op deur ou vraestelle uit te werk.

Haar inspirasie

Haar oorlede pa, Kobus Meiring, na wie die Huis Meiring Koshuis by die Hoërskool Nico Malan in Humansdorp heet en na wie die DJG Meiring Skool in Parow vernoem is; asook haar oorlede man, Louw Ferreira, was albei wiskundiges en haar inspirasie.

Dan is daar haar graad 9 wiskunde-onderwyseres, Hester Stadion van die Bloemhof Hoër Meisieskool in Stellenbosch - haar grootste inspirasie van almal.

“Sy is my rolmodel,” sê Ferreira. “Haar ongelooflike liefde vir wiskunde het gemaak dat ek ’n oneindige passie vir dié vak ontwikkel het.

“Van my eerste wiskundeklas in graad 9 wou ek ’n wiskunde-onderwyseres wees - al betaal hulle my nie ’n sent nie.”

Haar twee universiteit wiskunde-professore, proff. Gawie Cillié en Eben Stegmann, het dié liefde en die dissipline wat daarmee saamgaan, nog meer ingeskerp.

Hou skool

Na kollege het Ferreira in 1951 fisiologie, haar ander hoofvak, by die Volkskool in Graaff Reinet gegee. Net omdat daar reeds ’n wiskunde-onderwyser was.

Sy lag: “Ek wou dadelik weet wie die wiskunde-onderwyser is. Hoekom? Want ek wil sy pos hê.”

Min het sy toe geweet dat die onderwyser wat haar altyd gehelp het om proewe vir haar klas op te stel, na sy vrou oorlede is, haar man gaan word.

“Na die afsterwe van sy vrou, by die geboorte van hul tweede seun in 1953, het ek besef hoe ek oor hom voel en ’n pos in Worcester aanvaar,” vertel Ferreira.

Maar nie eers die afstand kon hul gevoel vir mekaar verminder nie. Hulle is aan die einde van 1953 in die hu-welik bevestig.

In 1954 het hulle na die suide van Namakwaland verhuis, voor hulle in April 1959 na Kirkwood getrek het.

Dit is hiér waar Ferreira vir die eerste keer ekstra wiskundeklasse by haar huis begin gee het.

Maar dit was eers in 1995, na haar uittrede by die Hoërskool Nico Malan waar sy sedert 1988 skool gehou het, wat sy permanent klasse tuis aangebied het.

Ekstra klasse

Ferreira, wat die liefste vir triginometrie is, doen individuele werk vir graad 10 tot 12-leerders van regoor die Kouga, en selfs Uitenhage: vier leerders vir vyf dae van die week.

Vir haar is vakansies sonder leerders hopeloos te lank. Dan vat sy ’n wiskundeboek of vraestel en doen op haar eie wiskunde.

“Ek is heeltemal verslaaf daaraan,” sê sy. “Dit is vir my die lekkerste lekker om vraestelle uit te werk - al is sommige somme ’n uitdaging.”

Wat geniet sy die meeste van die ekstra klasse? “Die verhouding wat ek oor die jare met die leerders opbou. Ek ontvang nou nog oproepe van leerders wat jare gelede by my was.

“Om daagliks met die vak om te gaan, is vir my ’n groot voorreg. Ek is innig dankbaar vir elke leerder wat my nodig het, hetsy om wiskunde beter te verstaan of om ’n beter punt te kry.

“Die vreugde in ’n leerder as hy vir die eerste keer iets regtig begryp, is vir my ’n ongelooflike en bevredigende ervaring. Ek dink altyd aan Deon Latsky toe hy vir die eerste keer hier kom en ek ’n absolute grafiek vir hom verduidelik; hoe hy in sy stoel so agteroor leun en sê: ‘Tannie, nou verstaan ek vir die eerste keer wat hier aangaan’ - wonderwoorde vir enige onderwyseres.

Dié gesoute leerkrag moes oor die jare ’n groot verskeidenheid veranderings in die sillabus sien en het geen moeite ontsien om by te hou nie. Van die veranderings sluit in statistieke, finansiële wiskunde en waarskynlikheidsleer.

Ferreira frons: “Ek was nooit lief vir waarskynlikheids-leer nie. Dit het my ’n hele vakansie geneem om dit in te studeer. En statistieke . . . Ek sal nooit verstaan hoekom hulle dit ingebring het nie. Wiskunde is so ’n presiese dissipline; als wat statistieke nie is nie.

“Ek het so gewens dat hulle liewers integrale, die omgekeerde van differensiale, ingebring het. Leerders op universiteit kan differensiale behartig, maar integrale is vir hulle nog ’n berg.”

Agteroorsit

Ferreira - die trotse ma van vier kinders, ouma van 15 kleinkinders en oumagrootjie van 14 agterkleinkinders - het geen planne om binnekort op te hou klasgee nie.

“Ek voel glad nie 90 nie,” sê sy. “’Negentig is stokoud. Ek voel nie oud nie.”

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 420 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 889 votes
Vote
Rand - Dollar
19.07
+0.5%
Rand - Pound
23.60
+1.0%
Rand - Euro
20.32
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.24
+0.5%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
943.20
-0.8%
Palladium
1,035.50
+0.6%
Gold
2,388.72
+0.4%
Silver
28.63
+1.4%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE