Share

Skep asem by Pabala se berge en stilte

“KYK die aalwyne,” sê my man, Colin Basson, toe ons laatmiddag by die grondpad na Pabala Privaat Na- tuurreservaat net buite Loerie indraai en dié eensaadlobbige vetplant langs die pad opdoem – honderde van hulle, klein en groot, vorm ’n erewag na die plaas.

Dit is egter die groot verskeidenheid fynbos, hul delikate blare en helder oranje speldekussing-blomme onmiskenbaar, wat my aandag trek – iets wat ek lanklaas gesien het. Links snuif-snuif ’n trop beeste in die lug en in die verte roep ’n vis-arend sy maat.

Ek verbeel my ek hoor ’n bosbok in die klowe blaf . . .

Dan verskyn die plaashek van Pabala voor ons – dit is hier waar ons vir die aand oorbly.

Maar eers uitklim, die plaashek oop- en toemaak. En die laaste kilometer of twee na die indrukwekkende plattelandse huis aanpak, wat wegkruip tussen die Baviaanskloof- en Kougaberge in die hart van die Gamtoosvallei.

Pabala Privaat Natuurreservaat

Eienaar Wernich Cronje kom oor die groot en netjiese houtdek aan-gestap om te groet. Agter hom pronk die kontemporêre Country House in die sagte gloed van die ondergaande son.

Die vuur brand reeds . . . voëls swiep deur die lug. En jy weet: hier kuier rus en bederf hand-aan-hand.

Ek vra Wernich uit oor die huis - eens ’n ou plaashuis geleë op die 1 480 hektaar grond wat in 1906 deur koningin Elizabeth Victoria aan vyf plaaslike soldate gegee is, wat hulle tydens die Anglo Boereoorlog aan die Engelse se kant geskaar het.

Vier-en-twintig persent van die plaas, die grootste enkeleenheid in die gebied, behoort nog aan die afstammelinge van die oorspronklike eienaars.

Hy glimlag trots: “Die opgeknapte huis weerspieël ’n moderne atmosfeer met `n klipkaggel, gesellige leerbanke, vyf ruim en weelderige slaapkamers (genoeg slaapplek vir 12 gaste), vyf moderne badkamers, en ’n groot kombuis - jy kan òf jou eie etes voorberei òf dit in die hande van ’n bekwame gasvrou laat.

“Ons mik vir ’n egte bederf-ervaring vir ons gaste.”

En die unieke wit-en-swart foto’s teen die mure?

“Dit is alles foto’s van Pabala - geneem deur familie, vriende en gaste.”

Prentjiemooi

Ons geniet ’n koue lafenis op die groot houtdek - dié bied ’n asemro-wende uitsig oor die Gamtoos-ri- viermonding wat in die Indiese Oseaan vloei.

Wernich beduie: “Sien julle die bruin kronkelpaaie teen die berg? Dit is die ondergrondse kanaalsi-steem wat jare terug in die gebied aangebring is.”

En as jy mooi kyk, sien jy die ou, halfvergete ysterbrug oor die Gamtoosrivier.

Die brug het ’n storie van sy eie. En dit is beslis ’n geval van: ’n boer maak ’n plan.

Wernich lag: “Dié brug, oorspronklik van Bloemfontein, is volgens vertelling deur plaaslike inwoners opgeblaas - als om die Engelse se planne tydens die destydse Anglo Boereoorlog in die wiele te ry.

“Gamtoosvallei-inwoners het van die brug gehoor, en dadelik die stukke gaan haal en teruggebring. Hoe-kom? Hulle het dringend ’n brug oor die Gamtoosvallei benodig, maar daar was slegs geld vir treinspore. Probleem opgelos: nou het hulle ’n brug en treinspore.”

Behalwe vir ’n asemrowende uitsig, spog Pabala met ’n verskeidenheid natuurlike wild wat in die gebied voorkom: bosbok, duiker, bloubok, rooikat en bosvark.

Ontspan

Die Saterdagoggend drink ons vir oulaas koffie op die houtdek. Die son kruip stadig oor die berge terwyl vis-arende luidkeels na mekaar roep.

Dit voel asof jy kilometers buite die stad is.

Ons kuier word een van rus . . . die perfekte manier om ons pap batterye weer te herlaai.

Dan is dit tyd vir huiswaarts keer . . . hopeloos te gou . . ..

Meer inligting

Doendinge: Vivang (3km van Pabala grens aan die Gamtoosrivier), staproetes en bergfietsry.

Kostes: R1 490 per persoon wat deel - dit sluit in verblyf, ontbyt en aandete.

Of R3 000 per dag - selfsorg.

Vir meer inligting, skakel 042 296 2950, stuur ’n epos na info@pabalagamefarm.co.za of besoek www.pabalaprivatenaturereserve.co.za.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 952 votes
No! It's time to move on ...
33% - 465 votes
Vote
Rand - Dollar
18.80
+1.1%
Rand - Pound
23.49
+1.3%
Rand - Euro
20.10
+1.5%
Rand - Aus dollar
12.28
+1.0%
Rand - Yen
0.12
+2.8%
Platinum
923.40
-0.2%
Palladium
957.50
-3.3%
Gold
2,336.75
+0.2%
Silver
27.20
-0.9%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE