Share

Skoolhoof vat langpad vir beter onderrig

SKOOLHOOF Eulian Lloyd van die Andrieskraal Primêre Skool in Patensie, vat eersdaags die langpad vir beter onderrig.

Lloyd, wat sedert April, verlede jaar aan die stuur van sake staan, beoog om volgende maand ’n 20km-staptog vir fondsinsameling aan te pak. Fondse sal aangewend word om ’n grondslagfase-onderwyseres aan te te stel.

Die vorige onderwyseres, Lea Maphomey, het aan die einde van die tweede kwartaal afgetree het, en ’n belangrike pos oopgelaat.

Volgens Lloyd is ’n tydelike onderwyseres in haar plek aangestel, maar die beheerliggaam se skraps fondse kan nie die bykomende onkostes dek nie.

“Die pos moet nog deur die Departement van Onderwys adverteer word,” sê hy. “Dit is egter hoogs onwaarskynlik dat iemand voor die einde van die derde kwartaal aangestel sal word.

“Ek het besef dat ons dringend van elders ’n paar sente bymekaar sal moet skraap. Ek het dadelik aan stap gedink. En so is die eerste Big Walk for a Teacher in Every Class gebore - my stokperdjie wat nou vir ernstige sake ingespan word.”

Lloyd sal op 21 September vanaf die skool tot by Patensie stap - ’n stewige 20km.

Maar hy sien beslis kans daarvoor en oefen reeds hard vir die groot dag.

Hy doen ‘n beroep op sake-ondernemings en individue om hom per kilometer te borg.

“Dat sal wonderlik wees as ons genoeg fondse kan insamel om nie nét die tydelike grondslagfase-onderwyseres aan te stel nie, maar ook ’n addisionele onderwyser,” sê die skoolhoof.

“Andrieskraal is ’n multi-graad skool: 156 leerders met slegs vier onderwysers, wat myself en die tydelike onderwyseres insluit.

“Die ideaal sal wees om ’n onderwyser vir elke graad te hê.”

Vir meer inligting, skakel Lloyd by 073 025 4343.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
64% - 462 votes
No! It's time to move on ...
36% - 257 votes
Vote
Rand - Dollar
19.01
+1.0%
Rand - Pound
23.79
+0.7%
Rand - Euro
20.40
+0.8%
Rand - Aus dollar
12.40
+0.7%
Rand - Yen
0.12
+1.2%
Platinum
925.50
+1.5%
Palladium
989.50
-1.5%
Gold
2,332.01
+0.7%
Silver
27.41
+0.9%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,437
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
62,119
+2.7%
Industrial 25
102,531
-1.5%
Financial 15
15,802
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE