SKOTE petoors.
Tagtig skuts het op Saterdag, 4 Augustus die skote tydens die jaarlikse 2018 Oos-Kaap Ope laat klap.
Met slegs een doel voor oë: om as die top-skut van die dag aangewys te word. Die top-skut? Hein de Swardt met 780.5 punte.
Die dag, aangebied deur die Langkloof Skietklub, het op die plaas Tulpieskraal van Bokkie Kritzinger net buite Joubertina plaasgevind.
Skuts moes elk na ses bane skiet. Elke baan het uit 150 getel punte en vyf skote was per baan geskiet. Die teikens is so opgestel dat mis-skiet beter was as amper raak-skiet - die verkeerde plek op die teiken kon skuts tot 15 punte kos.
Deelnemers kon slegs die ondersteuning wat tot hul beskikking op die baan was, gebruik. Die verskillende afstande is onbekend en geen ‘rangefinders’ was toegelaaat.
Baanuitleg
- Baan 1: Vlakvark – Vryhand staan ±70m
- Baan 2: Blesbok: Kniel met driepoot as rus ±250m
- Baan 3: Bobbejaan: Sit, skiet oor ½ drom met sandsakke ±300m
- Baan 4: Gonge- Sit met rekstokkies ±215, 286, 148, 303, 170m
- Baan 5: Springbok – Vryhand sit ±170m
- Baan 6: Gonge – Lê dooierus oor skuins paal ±335, 300, 200, 345, 225m
Top tien
1. Hein de Swardt (Mans: 780.5 punte)
2. Jacques Obermeyer (Mans: 765.9 punte)
3. Vaalseun Enslin (Mans: 710.7 punte)
4. Fred Danzfuss (Mans: 710.6 punte)
5. Leras van Zyl (Junior o.16: 685.9 punte)
6. Adriaan Burger (Mans: 685.9 punte)
7. Jacques du Plooy (Mans: 655.9 punte)
8. Barend Uytenbogaard (Mans: 650.5 punte)
9. Niaan Foure (Mans: 645 punte)
10. Junita van Zyl (Dames: 636 punte)
Top-10
1. Hein de Swardt (Mans: 780.5 punte)
2. Jacques Obermeyer (Mans: 765.9 punte)
3. Vaalseun Enslin (Mans: 710.7 punte)
4. Fred Danzfuss (Mans: 710.6 punte)
5. Leras van Zyl (Junior o.16: 685.9 punte)
6. Adriaan Burger (Mans: 685.9 punte)
7. Jacques du Plooy (Mans: 655.9 punte)
8. Barend Uytenbogaard (Mans: 650.5 punte)
9. Niaan Fourie (Mans: 645 punte)
10. Junita van Zyl (Dames: 636 punte)