Share

Veilige hawe gesoek vir dié vroue, kinders

SY weet hoe dit voel om niks te hê nie, nerêns om heen te gaan nie.

Die angs van nie weet wat more inhou nie of waar sy kos of selfs toiletpapier vir haar drie kinders gaan kry nie. Al wat sy kon doen, was bid. En glo. En nogmaals bid.

Maar Carla Smit van Jeffreysbaai het na haar mislukte huwelik, met ’n oënskynlike voorstaande prokureur van Johannesburg, besluit om terug te veg. En om ander te help.

Carla, ’n onderwyseres by Pharos Skool en mede-stigter van The Ladies Lighthouse in Jeffreysbaai, het wakker oë wat jou sommer kan laat sien sy is reg om te woeker. Nie net vir haarself nie, maar vir al die mishandelde vroue en kinders rondom haar.

Sy wil ’n verskil maak in die lewens van die mense wat deur hul probleme ingesluk en weer uitgespoeg is. Want dit is iets wat sy goed ken.

Die fyn plooie op haar voorkop trek saam wanneer sy begin vertel waar alles in haar lewe begin skeefloop het.

“Dit is baie moeilik om daaroor te praat . . .

“Kort nadat ons van Johannesburg na Jeffreysbaai verhuis het, het my lewe handomkeer verander. Binne ’n kort tydperk het ek alles verloor: my man (ons is geskei), huis, sekuritiet, alles.

“Ek het die pad van ’n enkelma van drie kinders woes leer ken. Ons het bitter, bitter swaar gekry.

“Met geen inkomste of heenkome het ons 13 jaar terug in Victory Christian Church se huis vir hawelose vroue en kinders beland. Elke dag was ’n stryd om oorlewing; as die ander vroue nie my skoene gesteel het nie, het my haardroër verdwyn.”

Maar Carla was vasbeslote om terug te veg. Al moes sy drie werke behartig om weer om die been te kom.

Vandag bak sy kilogramme pannekoeke vir ’n ekstra inkomste.

Die silwer randjie?

Haar eie ervaring het daartoe gelei dat Carla, in samwerking met komiteelede Willie en Marie Oosthuizen, Lizette Kemp, Michelle Dorfling en Nazley September, The Ladies Lighthouse, ’n veilige toevlug vir vroue en kinders, in Jeffreysbaai begin het.

The Ladies Lighthouse

“Ek wou vir jare nie aan my swaarkry-jare dink nie,” sê Carla.

Tot wat my vriendin, Melodi van Brake, stigter van The Cradle of Hope in Krugersdorp, my verlede jaar Oktober gebel het. Die plek is ’n hawe waar weggooivroue en kinders tydelik woon en bemagtig word om op eie bene te staan voor hulle weer die lewe kan aandurf.

“Sy het dringend gebed benodig vir 13 vroue en hul kinders wat geen heenkome gehad het nie. Niemand wou hulle vir die nag inneem nie. Nie eers die kerk nie.

“Ek kon daardie aand glad nie slaap nie. En die Here het my nie daar gelos nie.

“Hy het dit op my hart kom lê dat ons ’n veilige hawe vir vernielde mammas en hul kinders moet oopmaak - ’n plek waar ons hulle kan help om weer regop en sterk in die samelewing in te gaan.

“So gesê, so gedaan . . . al was ek vreeslik benoud.”

’n Komitee is gestig, die aansoek vir ’n nie-winsgewende organisasie is ingedien, en nege maande later is dié organisasie by die Departement van Maatskaplike Werke geregistreer.

“Vroue moet weet dit is nie reg om mishandel te word nie,” sê Carla.

“Hulle moet ’n ondersteuningstelsel vind. Vroue bly dikwels om geldelike redes. Boonop is ’n vrou so gebreek omdat sy gewoond is aan die patroon van mishandeling.”

Vroue wat by The Ladies Lighthouse vir hulp aanklop, moet by die ses-weke lewensafrigting- en opheffingsprogram PULSE aansluit.

“Ons wil dié vroue leer om weer voluit te lewe, asook hoe om ’n werk te vind,” sê Carla. “Die doel is om die vroue na drie maande te-rug in die gemeenskap te plaas,” sê sy.

Verleen hulp

Carla doen ’n beroep op die gemeenskap om te help om ’n veilige hawe vir dié slagoffers te vind.

“Almal moet hande vat om ’n veilige plek in Jeffreysbaai te vind waarheen die vroue en kinders gebring kan word. Enige maandelikse bydrae, groot of klein, sal help om ’n huis vir die vroue te huur.”

Meubels, linne, breekware en elektriese toestelle word ook benodig.

Bankbesonderhede: First National Bank, The Ladies Lighthouse, account number 62774803590.

Meer inligting

Vir meer inligting, skakel Carla Smit by 079 399 8565 of stuur ’n epos na carlasmit777@gmail.com.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 333 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 471 votes
Vote
Rand - Dollar
18.94
-0.2%
Rand - Pound
23.95
-0.2%
Rand - Euro
20.46
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.36
-0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.3%
Platinum
911.00
+1.6%
Palladium
1,008.15
+0.6%
Gold
2,217.47
+1.0%
Silver
24.78
+0.5%
Brent-ruolie
86.09
-0.2%
Top 40
68,346
+1.0%
All Share
74,536
+0.9%
Resource 10
57,251
+2.9%
Industrial 25
103,936
+0.6%
Financial 15
16,502
-0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE