Deel

Vrou wond aanvaller ná sy in nek gesteek is

akkreditasie

’n Vrou wat in ’n plaasaanval met ’n skroewe-draaier in die nek gesteek is, kon daarin slaag om een van haar aanvallers te wond.

Die 48-jarige vrou is Vrydagaand oorval in haar kantoor op ’n plaas in die Kabeljauws-omgewing naby Jeffreysbaai.

Kapt. Gerda Swart, ’n polisiewoordvoerder, sê die vrou was in haar kantoor op die plaas besig om administratiewe werk af te handel.

Dit was onstreeks 20:30 toe sy vreemde ge-luide buite haar kantoor hoor.

Eers nadat die vrou twee gewapende aanvallers voor die venster gesien het, het sy besef dit is nie haar man wat buite rondbeweeg nie.

“Een van die verdagtes het op die vrou begin skiet en sy het terugbaklei,” sê Swart.

In die struweling is die vrou deur een van die aanvallers in die nek gewond, vermoedelik met ’n skroewedraaier. Die vrou het ook ’n vuurwapen by haar gehad en verskeie skote afgevuur. Een van haar aanvallers is in die bolyf getref, sê Swart. Die gewonde verdagte is na ’n plaaslike hospitaal geneem waar hy onder polisiebewaking versorg word. Hy sal in die landdroshof in Humansdorp verskyn sodra hy uit die hospitaal ontslaan word. Volgens Swart is die verdagte se makker nog soek.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pond
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Jen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Goud
2,391.84
+0.0%
Silwer
28.68
+0.0%
Brent-ruolie
87.29
+0.2%
Top-40
67,314
+0.2%
Alle aandele
73,364
+0.1%
Hulpbronne 10
63,285
-0.0%
Industriële 25
98,701
+0.3%
Finansiële 15
15,499
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos