Share

Woede oor talle boetes in Langkloof

LANGKLOOF-motoriste - plaaslike inwoners en besoekers - is woedend oor die groot getal nuwe spoedkameras en padvalke in die gebied.

Waar moontlik, word die pad nou vermy.

Dít na die KouKamma-munisipa-liteit en Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) drie maande terug verskeie mobiele spoedkameras, bedryf deur Traffic Management Technologies (TMT), op die kronkelpad tussen Kareedouw en Misgund aangebring het.

Die kameras, in meeste gevalle onbewaak, word elke twee tot drie ure geskuif.

Talle plaaslike en nasionale verkeersbeamptes is ook ontplooi. Sewe dae ’n week vanaf 08:00 tot 17:00: by bykans elke stopstraat.

Die spoedgrens is verder op plekke van 100km/h na 80km/h verminder - sonder enige kennisgewing, raadsbesluit of publieke deelname.

Die rede? Die groot aantal noodlottige ongelukkie op die pad.

AfriForum Joubertina voorsitter Derick Vrey, sê hy is bekommerd oor die voortdu-rende instroming van klagtes deur motoriste dat hulle onnodig beboet en gestop word - tot drie keer op een dag deur dieselfde verkeersbeampte.

“Motoriste wat jaag en die wet oortree, moet geleer word om hul gedrag te verander - dit verstaan ek,” sê hy. “Maar ek het ’n pro-bleem met die spoed waarteen en die manier waarop die wetstoepassing geskiet.

“Wetstoepassing word so hard gedryf, dat voertuie in parkeerareas beboet word.

“Maar daar word van die loslopende diere vergeet - ’n groot oorsaak van noodlottige ongelukke op die pad.

Vrey sê dit skep die indruk dat die doel van die skielike en oordadige wetstoepassing - na jare van minimale tot geen toepassing - daarop gemik is om die mense en die streek te verarm. En om die skatkoffers van die munisipa-liteit en kontrakteur te vul.

Meer as R10 miljoen se boetes is die afgelope drie maande in die KouKamma-gebied geskryf.

“Vir elke boete wat TMT skryf, kry hulle R124 plus BTW. Die balans gaan na die plaaslike munisipaliteit,” sê Vrey.

“Waarom moet onskuldige motoriste die munisipaliteit finansieel dra?”

Geen kommentaar kon teen druktyd van KouKamma-munisipaliteit verkry word nie.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
65% - 418 votes
No! It's time to move on ...
35% - 230 votes
Vote
Rand - Dollar
19.04
+0.9%
Rand - Pound
23.83
+0.5%
Rand - Euro
20.43
+0.6%
Rand - Aus dollar
12.39
+0.7%
Rand - Yen
0.12
+1.0%
Platinum
920.50
+0.9%
Palladium
981.50
-2.3%
Gold
2,330.33
+0.6%
Silver
27.33
+0.6%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,437
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
62,119
+2.8%
Industrial 25
102,531
-1.4%
Financial 15
15,802
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE