Share

Word ’n tennisster by STA

AS dit vir jou onbereikbaar lyk om tennis te bemeester en ’n uitstaande speler te word, dan is dit tyd dat jy deel word van Seals Tennis Academy wat sedert Januarie, vanjaar die Kouga-streek bedien met kwaliteit-tennisafrigting.

Dié gesinsgeoriënteerde akademie is in Januarie vanjaar in die lewe ge-roep deur Deandré en Nicky Dreyer van St Francis, en het van ’n klein begin tot ’n fenomenale 152 leerders van alle ouderdomme gegroei.

Hoofafrigter Deandré het die Oos-telike Provinsie reeds op 8 jaar verteenwoordig en tydens sy skool-loopbaan op provinsiale en nasionale vlak deelgeneem. Sy visie is om ’n hoëvlak-afrigtingskool te vestig wat kinders uit alle dele van die land hier kan laat deelneem.

Sy afrigting-ervaring strek wyd. Terwyl hy BTech by PE-Technikon gestudeer het, was hy afrigter by sowel die technikon as by skole in die omgewing. Daarna het hy sy bedrywighede in Dubai gaan voortsit.

STA se huidige afrigtingstelsel is gebaseer op die Kanadese I CAN-metode. Dit sluit ses afdelings in: Jolly Jammers (ouderdom 2-4), Squad, Group, Semi-private, Individual, en Advanced drill sessions.

Bal- en manipulasie-vaardighede, hand-voet-oog-koördinasie, fundamentele beweging-ontwikkeling en spel-afrigting van beginner- tot nasionale vlak vorm deel van die program. Fisioterapeute en ander mediese rolspelers word tans gewerf om na spelers se fisiese welsyn om te sien.

Hierdie maand skop die STA Scho-larship Programme af, wat daarop gaan fokus om minderbevoorregte kinders af te rig, en van toerusting, mediese bystand en voeding te voorsien. Die eerste speler wat vir hierdie program geïdentifiseer is, kom uit Sea Vista in St Francis.

’n Junior-kamp word op 11 tot 13 Desember, vanjaar aangebied en ’n senior-kamp op 18 tot 20 Desember.

Vir verdere besonderhede, kontak Nicky Dreyer by 079 615 6006 en vir Deandré Dreyer by 076 743 5042, of epos hul by deandre@sealstennisacademy.co.za

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
33% - 392 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
67% - 814 votes
Vote
Rand - Dollar
19.10
+0.3%
Rand - Pound
23.68
+0.6%
Rand - Euro
20.37
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.27
+0.3%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
944.10
-0.7%
Palladium
1,030.50
+0.1%
Gold
2,391.28
+0.5%
Silver
28.55
+1.1%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE