Share

Appel Trein ‘Golden Oldies’ hou reünie

OUD-stoomtreindrywers van die Oos-Kaap het op 25 Augustus by die Humewood spoorweg-depot ’n reünie gehou en kon weer die twee stoomtreine se voetplate klim.

Stoomlokomotiewe, rook, gryskoppe, braaivleis, boeremusiek, kieries, breë glimlagte en lekker gesels was die tema van die geselligheid ter viering van hul aftrede in dié bedryf.

Die oudkollegas kon weer die twee stoomlokos, nommer 124 en 119 beide met 19 klasse, bewonder met haar helder vuur en pragtige geelkoper in die dryf kajuite. Meeste van die afgetredenes is al reeds bykans veertig jaar op pensioen.

Die hoofsekretaris van hul vakbond, Chris de Vos, het aan die oudkollegas die jongste verwikkelinge oorgedra - ’n R100 miljard groepeis teen hul pensioenfonds en ’n moontlike 15% bonus aan die einde van September.

“Baie het weer die stokersgraaf gebruik om hul vleisies in die vuurkis van die lokos gaar te maak omdat dit daardie besondere smaak en nostalgie van destyds se jarelange werksaamhede op die stoomlokomotiewe gebring het,” het de Vos gesê.

Die oud-stoomtreindrywers het makietie gehou tussen die spoorlyne en op die maat van die boeremusiekorkes se musiek geskoffel.

“Sou jy egter na die vleissnitte op die braaivleisvure kyk, gaan dit nog redelik goed met die oumensies en natuurlik het daar heelwat van hulle gewys dat alhoewel jy meer as tagtig jaar oud is, kan jy nie anders as om vir vroulief met wie jy al 50 jaar getroud is, te vat en te dans nie,” het de Vos bygevoeg.

Die welbekende ‘Trans Karoo’ en die twee lokos se werklike fluite het in die agtergrond gespeel en die oudkollegas kon weer eens hierdie besondere herinnering beleef.

“Dit het ook ’n traan in die vonkelende oë van die oud-stoomtreindrywers veroorsaak en vroulief is ’n ekstra drukkie gegee vir baie jare se blik-pak met lekker eetgoedjies vir die lang ure wat destyds gewerk was,” het de Vos gesê.

Laatmiddag was die twee lokos se vure uitgegooi en met hul laaste bietjie stoom in die ketel het hulle die loods ingery. “Hulle kon die nag gaan droom van die baie plesier en opregte liefde wat hul vandag kon ervaar van hulle destydse maats wat deur hulle beeldskoon gehou was en gereeld die olie en ghries gekry het wat gesorg het dat hulle kon presteer en pronk voor elke trein.”

“Nou moet hulle toekyk hoe baie van hulle maats buite die loods staan en koud kry en besig is om te ‘sterf’, want stadig maar seker is daar baie van hulle wat nou deur roes verwoes word en nooit weer sal kan pronk soos nommer 119 en 124 nie,” het De Vos gesê.

Met die sukses van die onlangse somervakansie se stoomtreinrit vanaf Humewood na die PE lughawe, is die ondersteuners van die Appeltrein vol vertroue dat in samewerking met die NMB Metroraad, die trein met die twee lokos binnekort weer die spoorlyn sal vat.

“Die Baywest Mall se bestuur het hulle ook by verskeie geleenthede verbind tot finansiële ondersteuning om die treintjie tot by hul winkelkompleks te laat loop en daar word vertrou dat hul beloftes binnekort tot uitvoering gebring sal word,” het De Vos bygevoeg.
–MEDEWERKER

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 446 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 637 votes
Vote
Rand - Dollar
18.94
-0.0%
Rand - Pound
23.91
-0.0%
Rand - Euro
20.41
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.33
+0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.0%
Platinum
908.05
+1.2%
Palladium
1,014.94
+1.3%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE