Deel

Fees vier 30 jaar van orrelmusiek

akkreditasie

DIE Veremark-orrelvereniging en die Cantando@Algoa-koor sal Vrydag ’n fees van orrel-, koor- en trompetmusiek aanbied om die 30-jarige bestaan van die NG Kerk Somerstrand se orrel te vier.

Die konsert, getiteld Lofsange!, sal ook drie kore se opvoerings insluit. Hulle is die Cantando@Algoa-koor onder leiding van Bouwer van Rooyen, die Hemiola-Kamerkoor onder leiding van Rochelle Oelofse en die Cantatori-Mannekoor onder leiding van Ansie Kotzé.

Albert Troskie, Bouwer en Marilise van Rooyen, en Rina Ras is die vier orreliste wat gaan optree. Vier dirigente en ook trompetspelers sal ook deel van die geleentheid vorm.

Kore uit die omgewing sal by die ander drie aansluit om die konsert met massakoorsang af te sluit. Die gehoor sal ook in die samesang deelneem.

Lofsange! sal op 31 Augustus om 18:00 in die NG Kerk in Louis Bothasingel 77, Somerstrand plaasvind. Orrelspel begin reeds om 17:40.

Toegang is gratis, maar kollekte sal opgeneem word.

Vir enige navrae kontak Albert Troskie by 082 726 9595.
– MEDEWERKER

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
besig om te laai... Regstreeks
Lions 134/2
Titans RSA 131/9
Rand - Dollar
19.21
-0.5%
Rand - Pond
23.95
-0.7%
Rand - Euro
20.56
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.48
-0.7%
Rand - Jen
0.12
-0.2%
Platinum
912.40
-0.8%
Palladium
1,005.00
-2.1%
Goud
2,314.58
-0.3%
Silwer
27.17
-0.5%
Brent-ruolie
88.42
+1.6%
Top-40
68,574
+0.8%
Alle aandele
74,514
+0.7%
Hulpbronne 10
60,444
+1.4%
Industriële 25
104,013
+1.2%
Finansiële 15
15,837
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos