DIT is weer tyd vir die Bestmed Makro-fiets- toer, -bergfietstoer en -prettrappe in samewerking met Die Burger op 8 en 16 September.
Volgens organiseerders gaan vanjaar ’n groot geleentheid wees met reuse gelukkige trekkinge, medaljes en prysgeld op die spel.
Merida het ook vanjaar groot tot die toer toegetree deur verskeie pad- en bergfietse as gelukkige trekking te borg.
Elke ryer wat die 106km, 55km en 30km afstand voltooi sal ’n pragtige medalje ontvang. Die groot verrassing is dat ryers wat vanjaar aan die 1km, 5km en 10km prettrappe deelneem ook medaljes sal ontvang.
Die padwedren oor 106km gaan vanjaar weer oor die pragtige Maitlands klim en langs Seaview strek.
Die meer onfikse ryers kan aan die 50km en 30km wedren deelneem wat weer op ’n plat roete gaan plaasvind.
Daar sal ook prettrappe vir die familie oor 5km en 10km aangebied word. Dan is daar ook die 1km Kiddies-wedren.
Die bergfietswedren vind op 16 September by Hopewell plaas.
Daar sal ’n wedren oor 70km en 35km plaasvind, asook prettrappe oor 20km en 10km.
Aanlyn inskrywings is oop en ryers kan by www.lorrainecycletour.co.za inskryf.