Share

Vervalste note in omloop in die Baai

DIE Valke se kommersiële misdaadondersoekeenheid in Port Elizabeth waarsku mense teen vervalste R100-note wat in omloop is.

Die eenheid sê ook verbruikers moet hul geldnote noukeurig ondersoek.

Die waarskuwing volg nadat ’n klagte van vervalste R100-note op 7 September by hul kantoor in Port Elizabeth ingedien is, het kapt. Anelisa Feni, Valke-woordvoerder, luidens ’n verklaring gesê.

Die klaer in die saak het na bewering sy skootrekenaar aanlyn as te koop geadverteer en ’n buitelander het op die advertensie gereageer.

Die buitelander het glo geld by ’n kitsbank onttrek en die geld as betaling vir die skootrekenaar aan die klaer oorhandig.

“Toe die klaer die geldnote by ’n OTM probeer deponeer, het die masjien die note verwerp.”

Beamptes van die kommersiële misdaadondersoekeenheid het die geldnote onder oë gehad en die geldnote as ’n vervalsing van die ware Jakob bestempel.

Feni het toegegee dié vervalste geldnote is van ’n hoë gehalte.

“Die publiek word versoek om ten alle tye waaksaam te wees en geldnote vir kenmerke van egtheid te ondersoek.”

’n Maklike kenmerk om te identifiseer, is die diepdrukwerk wat op geldnote gevoel kan word wanneer jy jou vingers daaroor vryf, sê Feni.

Dié drukwerk is aan die voorkant van die noot waar die wapen is: die vier lyne aan die kantlyne, die woord “governor” en die handtekening, en die getal (100 in die geval van ’n R100-noot) links onder.

Feni sê enigiemand wat die polisie in die ondersoek kan bystaan, kan hul kantoor gedurende werksure by 041 408 2600 skakel.
– CARA-LEE DORFLING

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 446 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 944 votes
Vote
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent Crude
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE