Ek lees my plaaslike koerant gereeld en wil graag ingelig wees wat in ons area aangaan
Wat my amuseer is die aantal “profete” en “genesers” wat hulle dienste adverteer
Hulle sal jou help om die Lotto te wen, jou laat wen by die kasino (sic) en nog ’n string ander dinge waarmee jy dalk mag sukkel.
Daar is tot getuienisse van mense wat hierdie uitbuiters bedank vir hulle goeie diens!
Ek noem hulle uitbuiters want hulle buit mense, wat reeds swaarkry, se naïwiteit uit deur hulle skaamteloos te besteel
Dit laat die vraag: Hoekom wen hierdie sogenaamde Lotto-kundige nie die Lotto en gaan sit op ’n eksotiese eiland onder ’n palmboom nie?
Party mense se gebrek aan oordeel en intelligensie verstom my.